Tuesday 11 August 2020

Feesalbum 1872-1972

Kyk net op hoeveel webwerwe is hierdie album beskikbaar en interessant hoe verskil die prys. Daar is selfs 'n getekende een deur die skrywer, oom Gousie, soos hy in die wandel bekend was. Die getekende weergawe kos $85.50, terwyl die duurste een $110.00 kos.

Die geskiedenis van Kimberley en die geskiedenis van Dutoitspan loop hand aan hand en hierin lê die waarde van die boek. Mense wat lief is vir geskiedenis en belangstel in die boek, kan nog eksemplare by die kerkkantoor kry. (in Rande en nie in dollars nie!)

Mnr. Gouws was vanaf 1929 lidmaat van die gemeente Dutoitspan en van 1940 tot 1957 was hy die kassier. Hy het terselfdertyd op verskillende kommissies van die kerkraad gedien. Lees verder van die veelsydige man HIER.

[Klik op elke prent om die detail beter te sien.]


"Aan ons broer en suster, Gert en Lucy,
met ons allerbeste wense. Hendrik en Marie"
25 April 1972