Showing posts with label Bybel. Show all posts
Showing posts with label Bybel. Show all posts

Tuesday, 23 June 2026

Mandjie Hoop: Lewende water

Moenie dink die Bybel is 
DROOG
omdat dit buitekant vol stof is nie.
Die WATER van die 
LEWE
is binnekant.

Thursday, 23 October 2025

Kersgeskenk: Bybeluitverkoping


Die ideale Kersgeskenk teen 'n uiters bekostigbare prys!
42% afslag! Voorraad beperk!

Plaas jou bestelling by die kerkkantoor voor 31 Oktober 2025.

Thursday, 16 October 2025

Kersgeskenk: Bybeluitverkoping


Die ideale Kersgeskenk teen 'n uiters bekostigbare prys!
42% afslag! Voorraad beperk!

Plaas jou bestelling by die kerkkantoor voor 31 Oktober 2025.

Thursday, 25 September 2025

Dink hieroor: ʼn Verligte gevoel

Ons dink dat as ons op ander se foute hamer ons beter sal lyk. 

“ Weet jy wat sus of so gedoen het ...” laat my sommer al klaar beter voel. Ja-nee, ek is self darem nie so sleg nie. Dit is sowaar ʼn snaakse manier om jouself beter te laat voel en lyk, deur ander seer te maak.

Jy sal weet wanneer dit gebeur. Dit gaan gewoonlik so: “Hanrie het haar goeie punte, maar ...” en dan trek jy los. Of  “Moet vir niemand sê nie – ek sê net vir jou ...” en dan word die krane oopgedraai. As jy klaar is, het jy so bietjie van ʼn verligte gevoel, want jy voel so bietjie meer tevrede met jouself.

Jy het nie nodig om op die seerkry van ander te klim om beter te voel nie. God het jou lief soos jy is … onthou net altyd dat Hy die mense oor wie jy so skinder, ook liefhet.

Thursday, 31 July 2025

Dink hieroor: As dinge skeefloop ...

Op die lewensreis saam met die Here moet daar ook nie vir jou so iets soos probleme wees wat jou terneergedruk eenkant laat sit nie. Nee, daar moet net oplossings en nuwe geleenthede wees. Wat soos probleme lyk moet net vir jou die stilhouplek langs die pad wees wat jou kans gee om nuut te beplan en nuwe oplossings te soek. As die “afs” in die lewe jou tref, moet jy soos ʼn fietsryer teen ʼn afdraande wees. Jy moet dan juis spoed opmaak. As dinge skeefloop moet jy herbeplan, kyk wat verkeerd geloop het en dit regmaak, weer probeer, of anders probeer.

Die “ops” in ons lewe is juis daar omdat ons nie by die “afs” bly lê het nie.


[Uittreksel: Jan van der Watt]

Thursday, 5 June 2025

Dink hieroor: Hoekom is dit só moeilik?

Hoekom voel ons slaperig in die kerk,
Maar kan wakkerbly deur 'n 3 uur fliek?

Hoekom is ons so verveeld as ons die Bybel lees,
Maar vind dit maklik om ander boeke te lees?

Hoekom is dit so maklik om 'n boodskap oor Jesus te ignoreer,
Tog stuur ons die snaakses aan?

Hoekom word kerke kleiner,
Maar kroeë en klubs brei uit?

Hoekom is dit so maklik om 'n bekende te aanbid,
Maar baie moeilik om by Jesus betrokke te raak?

Friday, 7 March 2025

Hoop vir die toekoms vanuit die Bybel

Weet jy nie wat aangaan nie? Lees gerus die boek Job. Die oue word vervang met 'n beter nuwe, net as ons as mense, in die geloof aan God vasklou. 

1 Kor 12: ons het almal verskillende gawes. 
1 Kor 13: aan die einde bly net geloof, hoop en liefde oor. Maar die belangrikste is die liefde.

Geld laat miskien die wêreld draai. Maar liefde maak die draai baie makliker.

Tuesday, 15 October 2024

Die Here voorsien ...

Bybelvertaling is selde 'n werk met gereelde ure en 'n vaste inkomste.

Dit is heeltemal normaal vir vertalers om verskillende maniere te hê om hulle inkomste aan te vul. Daar is byvoorbeeld vertalers wat hulle landerye moet bewerk om te oorleef, maar daar is seker nie baie wat 24 kinders moet onderhou, terwyl hulle besig is met 'n Bybelvertaling nie.  

Insuthosi Jamir woon in Dimapur in Indië en is een van die vertalers van die Bybel in Nagamese.

Die Bybelgenootskap van Indië ondersteun hom terwyl hy aan die Bybelvertaling werk. Alhoewel dit tans sy enigste inkomste is, het hy en sy vrou, Imeinla, 'n weeshuis vir 24 kinders.

"Ek kom uit 'n baie arm gesin, maar ek het altyd geweet ek wil ander, veral weeskinders, help," vertel Insuthosi. "Ons het met drie kinders begin maar gou-gou het meer gekom. Sommige is in hospitale agtergelaat en ander op straat.

"Dit is finansieel baie moeilik, maar ek weet dat die Here sal voorsien." Hy vertel dat hy dikwels net 'n paar muntstukke in sy sak het, maar die Here voorsien altyd. Onlangs het hy nie genoeg geld gehad om die kinders se skoolgeld te betaal nie, en toe kom daar 'n bydrae van 'n vriend in Amerika - die presiese bedrag wat benodig is.

"Om betrokke te wees by die Nagamese Bybelvertaling is vir my 'n wonderlike voorreg. Bybelvertaling en die kinders het my egter geleer die Here sal voorsien."

Indië se ongeveer *1 miljard mense praat sowat 3 372 tale. Die Bybelgenootskap van Indië het reeds die volledige Bybel in 65 tale beskikbaar gestel. Bybelvertaling is 'n prioriteit vir hierdie Bybelgenootskap. Soos Insuthosi, glo hulle ook dat die Here die nodige fondse en kundigheid sal voorsien.   

* Verouderde inligting van 2015

[Bron: Somer 2015 die saaier]

Tuesday, 3 September 2024

Dink hieroor: Het jy 'n adres in die Bybel?

Het jy 'n adres in die Bybel?
As die dag lank was en jou gô is uit, ry ons mos huis toe.
Daar waar jy net jouself kan wees
en alles om jou jou herinner presies wie jy is.
Net so moet ek en jy ook 'n adres in die Bybel hê.
As die lewe druk of jy net aan God se soom moet vashou,
dan het jy jóu adres in die Bybel.
Daardie een vers wat vir jou voel soos jou geestelike huis.
Ek deel met julle my adres in die Bybel.
Wat is joune?
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
www.sitaandieketel.co.za
#kykmooinajouself

Friday, 5 April 2024

Terugblik: Die gebed van 'n boom


Wanneer u by my verbystap
Sonder om my raak te sien
of dalk my takkies ongemerk te kneus
Wag 'n bietjie en staan eers stil.

Dis ek wat in koue winternagte
jou haard verwarm
Dis my vriendelike koeltes
wat jou teen die snikhete sonstrale laaf.
Dis my sappige vrugte wat jou op jou reis
verkwik en jou dors les.

Ek is die balke wat jou dak oor jou hoof vashou
Ek is die blad van jou tafel en die bed waarop jy rus
Ek is die hout van jou boot
en die handvatsel van jou gereedskap
Uit my kom die brood wat voed
en die blom vol kleur en geur.

Ek is die deur van jou woning
die hout van jou wiegie
en die kis van jou graf.

Uit my is eenmaal balke gekap
Waarmee 'n kruis gemaak is
Ek was die hout van Gods altaar vir sy seun
die hout wat 'n brug geword het.

Uit my stamme gebreek en fyngemaal deur die meule
Kom papier, ook die van Die Boek van God
oor my staan die Boodskap
van hoop en lewe geskrywe
My blare is tot genesing van die Nasies
Open. 22:2

Ek vra u daarom
Moet my nie beskadig of vergeet nie.
Kniel liewer by my en dank God vir my.

[Uit: Dorstfontein: Dutoitspan-gemeentemaandblad - April 1984]    

Saturday, 7 October 2023

Kerkgenotjies: Die tien gebooie

Die ou dame stuur haar ou familiebybel deur pos aan na haar broer in ‘n ander dorp.

Die klerk by die poskantoor vra haar: “Is daar iets breekbaars hier binne?”, waarop sy antwoord:”Net die tien gebooie.”

Klik HIER vir iets in ligter luim!

Friday, 8 October 2021

Ek het amper u Seun vir 50c verkoop!

'n Paar jaar gelede het 'n predikant van die platteland 'n beroep na die stad aanvaar.

Een spesifieke dag moes hy per bus na die middestad gaan. Nadat hy vir sy kaartjie betaal het, en 'n sitplek gekry het, het hy gesien dat die busbestuurder hom 50c te veel kleingeld gegee het.

Hy het gewik en geweeg. Sal hy dit nou terug gee of nie? Dis net 50c! Hy het 'n bietjie daaroor nagedink en besluit om die 50c terug te gee.
 
Toe die bus stop, het hy vorentoe geloop en voordat hy uitklim die 50c vir die bestuurder teruggegee. Die bestuurder het opgekyk en gevra: "Is u nie die nuwe dominee van die platteland nie?"
"Ja" antwoord die dominee verbaas dat iemand hom hier sou ken.
Die busbestuurder sê toe: "Ek het die laaste ruk baie gewonder oor waar ek kerk toe moet gaan om te aanbid. Ek wou net sien wat u sou doen, as ek u te veel geld gee. Ek sien u Sondag"
 
Van die bus af, moes die predikant vir 'n oomblik aan die lamppaal vashou.
"O Here!" het hy uitgeroep.
"Ek het amper u Seun vir 50c verkoop!"
 
Ons lewens is dikwels die enigste Bybel wat mense ooit sal lees. Dis skrikwekkend om te weet hoe baie mense ons as Christene dophou en sonder dat ons weet, ons toets.
 
Wees dus altyd versigtig oor wat jy sê en wat jy doen. Onthou: jy dra die Naam van Jesus Christus op jou skouers as jy jouself 'n Christen noem!

[Dankie, ds. Ensie!]

Monday, 7 December 2020

Monday, 27 July 2020

Church at home: Bible Study


Click HERE to look at this amazing video.

My waardevolste bate in die lewe ...

Here Jesus, baie dankie dat ek U geskrewe
Woord in my eie moedertaal kan lees. 

Sunday, 19 May 2019

Die Bybel nie 'n slaappil nie ...

Gaan lees gerus hierdie treffende artikel op Media24 se webwerf. 'n Stukkie om aan te herkou en te oordink, so tussen al die slegte nuus deur.

Sunday, 12 May 2019

Wednesday, 12 April 2017

Friday, 28 October 2016

Wednesday, 8 June 2016