'n Paar jaar gelede het 'n predikant van die platteland 'n beroep na die stad aanvaar.
Een spesifieke
dag moes hy per bus na die middestad gaan. Nadat hy vir sy kaartjie betaal het, en
'n sitplek gekry het, het hy gesien dat die busbestuurder hom 50c te veel
kleingeld gegee het.
Hy het gewik en geweeg. Sal hy dit nou terug gee of nie? Dis net 50c! Hy het 'n bietjie daaroor nagedink en besluit om die 50c terug te gee.
"Ja" antwoord die dominee verbaas dat iemand hom hier sou ken.
Die busbestuurder sê toe: "Ek het die laaste ruk baie gewonder oor waar ek kerk toe moet gaan om te aanbid. Ek wou net sien wat u sou doen, as ek u te veel geld gee. Ek sien u Sondag"
"O Here!" het hy uitgeroep.
"Ek het amper u Seun vir 50c verkoop!"
[Dankie, ds. Ensie!]