Showing posts with label Leef. Show all posts
Showing posts with label Leef. Show all posts

Sunday, 13 September 2026

Eendag gaan ons besef ...

Eendag gaan ons besef
dat die lewe nooit oor die groot goed gegaan het nie.

Dit was die koffie in die oggend.
Die lag in die kombuis.
’n Kind se arms om jou nek.
’n Hond wat wag by die deur.
’n Liedjie wat jou vir ’n oomblik terugvat
na ’n tyd toe alles nog eenvoudig gevoel het.

Ons jaag so baie na môre
dat ons vergeet om vandag raak te sien.

Want die waarheid is …
ons kry nie een van hierdie dae terug nie.

So sê vandag vir iemand jy is lief vir hom.
Hou jou kind ’n bietjie langer vas.
Bel jou ma of pa.
Gaan sit langs jou vrou.
Lag harder.
Kyk op wanneer die son sak.

Want later, wanneer die huis stil geword het
en die mense wat jy liefhet nie meer daar is nie,
sal jy besef …

Die grootste rykdom wat jy ooit gehad het,
was nie wat jy besit het nie.

Dit was die mense
wat saam met jou deur die lewe gestap het.

En miskien is dit al wat die lewe eintlik van ons vra:
Moenie so besig wees om te oorleef,

dat jy vergeet om te leef nie.

[Aangestuur deur Chrisna]

Thursday, 11 June 2026

Dink hieroor: Oorleef of leef?

Martha Washington het gesê: "Ek het geleer die grootste deel van ons geluk of ellende hang af van ons gesindheid, en nie ons omstandighede nie." As jy van oorleef na leef wil gaan, moet jy die meeste maak van die plek waar God jou gesit het.

Monday, 5 January 2026

Wat is op my beplanningslysie vir 2026

Ja, die rustyd, die saamkuier met jou dierbares, familie, vriende, ooreet, ure langs die strand stap of sommer in 'n skaduhoekie in jou tuin sit en boeklees, ens. is verby en die nuwe jaar het met spoed begin.

Wat gaan ek en jy in die nuwe jaar doen? 
Gaan ons betrokke raak in ons gemeente of gemeenskap? (Leer, leef en dien). 
Gaan ons 'n verskil maak in ons gemeenskap? (Leer, leef en dien). 
Die belangrikste is egter of ek genoeg tyd aan my geliefdes gaan afstaan, sodat ek 'n verskil aan hulle lewens kan maak. 

Hierdie is vrae - wat net ek en jy vir onsself kan antwoord.

Ons uitgangspunt vir hierdie jaar behoort te wees: leer, leef en dien met liefde.

'n Mooi 2026 vir elkeen.

Sunday, 6 June 2021

Die Tas

'n Man sterf en toe hy dit besef, 
sien hy God naderkom met 'n tas in Sy hand.

- God sê: Seun, dit is tyd om te gaan.
- Verbaas reageer die man:
  Nou? So gou? Ek het baie planne gehad ...
- Ek is jammer, maar dit is tyd om te gaan.

- Wat het U in die tas? het die man gevra.
- God het geantwoord: Jou besittings.
- My besittings? Bedoel U my goed, my klere, my geld?
- God het geantwoord: Daardie dinge het nie aan jou behoort nie. 
   Dit was Aardsgebonde.

- Is dit my herinneringe? het die man gevra.
- God het geantwoord: dit het nooit aan jou behoort nie. 
   Dit was Tydsgebonde.

- Is dit my talente?
- God het geantwoord: dit het nooit aan jou behoort nie. 
   Dit was Bykomstigheidsgebonde.

- Is dit my familie of vriende?
- God het geantwoord: Ek is jammer, hulle was nooit joune nie, hulle was 
   Omstandigheidsgebonde.

- Is dit my vrou of my seun of my dogter?
- God het geantwoord: Hulle was nooit joune nie. 
   Hulle was Hartsgebonde.

- Is dit my liggaam?
- God het geantwoord: Dit was nooit joune nie. 
   Dit was Aardsgebonde.

-Is dit my siel?
God het geantwoord: Nee, dit behoort aan My.

Gevul met vrees, het die man die tas van God geneem
en dit oopgemaak net om te vind dat die tas leeg was.

- Met 'n traan wat oor sy wang loop, 
   het die man gevra: het ek nooit iets gehad het nie???
- God het geantwoord: Dit is korrek, elke oomblik wat jy geleef het was joune.

Die lewe is net 'n oomblik, 'n oomblik wat aan jou behoort. 
Daarom, lewe die lewe terwyl jy dit het. 
Moenie dat enigiets wat jy dink aan jou behoort jou verhoed om te lewe nie.

-Lewe Nou.

- Lewe voluit elke oomblik.

- Moenie vergeet om gelukkig te wees nie, dit is die enigste ding wat saak maak.

- Materiële dinge en alle ander dinge wat jy geswoeg en baklei het voor, bly agter.

- ONTHOU JY KAN NIKS SAAMVAT NIE. 

[Dankie, vir hierdie gedagte wat anoniem op my tafel geland het.]

Monday, 19 October 2020

Sunday, 3 November 2019

Wednesday, 26 June 2019

Tuesday, 9 October 2018

Sunday, 28 January 2018

Friday, 14 July 2017