Showing posts with label Nuwe jaar. Show all posts
Showing posts with label Nuwe jaar. Show all posts

Monday, 5 January 2026

Wat is op my beplanningslysie vir 2026

Ja, die rustyd, die saamkuier met jou dierbares, familie, vriende, ooreet, ure langs die strand stap of sommer in 'n skaduhoekie in jou tuin sit en boeklees, ens. is verby en die nuwe jaar het met spoed begin.

Wat gaan ek en jy in die nuwe jaar doen? 
Gaan ons betrokke raak in ons gemeente of gemeenskap? (Leer, leef en dien). 
Gaan ons 'n verskil maak in ons gemeenskap? (Leer, leef en dien). 
Die belangrikste is egter of ek genoeg tyd aan my geliefdes gaan afstaan, sodat ek 'n verskil aan hulle lewens kan maak. 

Hierdie is vrae - wat net ek en jy vir onsself kan antwoord.

Ons uitgangspunt vir hierdie jaar behoort te wees: leer, leef en dien met liefde.

'n Mooi 2026 vir elkeen.

Thursday, 1 January 2026

Seën vir 2026 met al die gepaardgaande uitdagings

Die begin van elke nuwe jaar is dit tyd om te reflekteer oor die afgelope jaar en planne te maak vir die nuwe jaar en die onbekende toekoms. 2026 beskik oor die magiese onbekende, maar ook oor die belofte van nuwe geleenthede en die moontlikheid om ons lewens te verbeter, om dit waarvoor ons op aarde geplaas us, voluit aan te pak en geen steen onaangeroer laat nie. 

Mag jy oor die vermoë beskik om die 2026-uitdagings in 2026-hoogtepunte te omskep. Voorspoed en baie seën vir die pad vorentoe.

Monday, 24 February 2025

Afkondiging: Kalender 2025


Die 2025-kalender is by die kantoor beskikbaar
.
Ma. & Di. 08:00-13:30
Wo. & Do. 08:00-12:00 en 16:00-17:30 
Vr. 08:00-12:00

Een kalender per huishouding vir die lidmate van Dutoitspan. Indien u 'n A4-kalender verkies, kan dit gedruk word teen 'n minimale koste van R20 per kalender.

Monday, 17 February 2025

Afkondiging: Kalender 2025


Die 2025-kalender is by die kantoor beskikbaar.
Ma. & Di. 08:00-13:30
Wo. & Do. 08:00-12:00 en 16:00-17:30 
Vr. 08:00-12:00

Een kalender per huishouding vir die lidmate van Dutoitspan. Indien u 'n A4-kalender verkies, kan dit gedruk word teen 'n minimale koste van R20 per kalender.

Monday, 10 February 2025

Afkondiging: Kalender 2025


Die 2025-kalender is by die kantoor beskikbaar
.
Ma. & Di. 08:00-13:30
Wo. & Do. 08:00-12:00 en 16:00-17:30 
Vr. 08:00-12:00

Een kalender per huishouding vir die lidmate van Dutoitspan. Indien u 'n A4-kalender verkies, kan dit gedruk word teen 'n minimale koste van R20 per kalender.

Monday, 3 February 2025

Afkondiging: Kalender 2025


Die 2025-kalender is by die kantoor beskikbaar.
Ma. & Di. 08:00-13:30
Wo. & Do. 08:00-12:00 en 16:00-17:30 
Vr. 08:00-12:00

Een kalender per huishouding vir die lidmate van Dutoitspan. Indien u 'n A4-kalender verkies, kan dit gedruk word teen 'n minimale koste van R20 per kalender.

Wednesday, 1 January 2025

Vir 2025 is ons hartewens vir jou: 'n Geseënde 2025

MAG JY ... 
Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
Nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
Nooit bly lê wanneer jy geval het nie.
Nooit haat wanneer jy seergekry het nie.
Nooit minderwaardig voel wanneer jy nie waardeer word nie.
Nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
Nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.
Nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.

MAG JY ... 
Altyd lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe.
Altyd ly in die geloof sodat lyding krag bring.
Altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
Altyd gee en deur jou gawe verryk word.
Altyd gereëlmatigheid en ondersteuning kry.
Altyd lewe met die oog op die onsienlike.

Mag jy en jou huisgesin ... 'n absolute wonderlike jaar hê!

Monday, 16 December 2024

Versekering vir 2025!


So hardloop die laaste paar dae van 2024 ook deur die shredder ...
in daardie bondel papierrepies lê al jou vreugde, drome, liefde, hartseer en verdriet van 'n hele lange jaar ...
wat 'n Hemelse Voorreg om te weet jy was teenwoordig in 2024!
Dit was nog 'n jaar van onverdiende Genade!
Al was die jaar hoe moeilik,
al was die kruispaaie baie,
God het jou deurgedra,
want jy lees hier,
en jy het dit gemaak!
Onthou, saam met God bly jy 'n WENNER,
maak nie saak wat die situasie is nie ...
met jou hand in God se Hand,
sal jy altyd as wenner uit enige stryd tree!
'n Onbekende 2025 lê op die horison en wag, maar ons kan blymoedig ons voete op die 2025-pad sit.
Want ons weet ons Hemelse Vader loop vooruit!

[Aangestuur deur Ena Coetzer - waardeer!]

Monday, 1 January 2024

Wat kos my geloof my?

1 JANUARIE 2024.

Ek lees in die boek, Hearts of Fire, tans die getuienis van Aida Skripnikova wat in Julie 1968 tereg staan in 'n hof in destydse Leningrad, Rusland. Sy word vervolg oor haar geloof in Christus. Haar probleme het aanvanklik ontstaan toe sy traktaatjies op Oujaarsaand van 1961 uitdeel. Die eenvoudige boodskap op elkeen het sy self met die hand geskryf ... en dis wat vanaand ... op hierdie Oujaarsaand met my gepraat het ... my daartoe lei om hierdie boodskap uit te tik en op hierdie Nuwejaarsdag uit te stuur.

HAPPY NEW YEAR 1962!
A New Year's Wish

Our years fly past
One after the other, unnoticed
Grief and sadness disappear ;
They are carried away by life.
This world , the earth is so transient,
Everything in it comes to an end.
Life is important.Don't be happy-go-lucky!
What answer will you give your Creator?
What awaits you ,my friend, beyond the grave?
Answer this question while light remains.
Perhaps tomorrow , before God,
You will appear to give an answer for everything.
Think deeply about this
For you are not on this earth to eternity.
Perhaps tomorrow, you will break
forever your links with this world!
SEEK GOD WHILE HE IS TO BE FOUND!

Sy is gearresteer terwyl sy hierdie traktaatjies uitdeel. Dit was die eerste vervolging. Daarna sou nog volg wat met tronkstraf gepaard gegaan het. Maar dit het nie vir Aida gestop nie.

Vandag stuur ons nuwejaarsboodskappies soos hierdie die wêreld vol ... dit kos nie veel geloof ... of dapperheid nie. Ek vra myself die vraag af: wat kos my geloof my?

Abba Vader ... ons moet voor U bely dat ons nie weet wat dit is om vir ons geloof lyding te ervaar nie. Ons sukkel selfs om die ander wang te draai ... om ons vyande lief te hê ... om die minste te wees ... om te sterf aan onsself. Wees ons asseblief genadig. Laat ons in hierdie nuwe jaar tot die besef kom wat dit vir Jesus gekos het om vir ons sondes te sterf. Ek bid dit in Jesus Christus se naam. Amen

Liefdegroete
Piet Fouchee

[Dankie, Brahm, wat hierdie boodskap met die lesers deel.]

'n Nuwe jaar ...


Sunday, 31 December 2023

Seën vir 2024

Laat die son in jou lewe skyn,
laat kommer en vrees verdwyn,
vra die Vader om jou hand
vas te hou in 2024!
Hy sál, want Hy is lief vir jou!
Hy wil die toekoms saam met jou tegemoetloop.
Mag jou nuwe jaar volgepak wees met vrede, hope liefde en mag God sy seën mildelik oor jou uitstort.
'n Mooi 2024 vir elkeen!

Tuesday, 10 January 2023

Skoolreis vs lewensreis


Daar word dikwels deur leiers en motiveerders gesê dat die skoollewe met ‘n interessante reis vergelyk kan word. Skoolreis vs lewensreis.

Tydens jou lewensreis gebeur daar baie onvoorsiene dinge, daar is hoogtepunte en laagtepunte ... maar daar is ook geleenthede. In 'n skool is dit presies dieselfde. Laagtepunte gaan daar beslis wees, maar beskou hierdie laagtepunte as geleenthede en omskep dit in hoogtepunte. Dit hang van jou as leerder af. Indien jy hulp nodig het om struikelblokke die hoof te bied, praat met iemand. Dit is altyd goed om iemand anders se perspektief op jou probleem te hoor.  

Dit is ons as gemeente se wens dat 2023 vir julle goeie dinge sal inhou. Wees individue wat nie afhanklik is van 'n groep om besluite te neem nie. Droom groot en wees 'n leerder wat nie opgee nie.

Aan al die leerders, maar veral die nuwe graad 1's, die nuwe graad 8's en 2023 se matrikulante, baie sterkte met al die uitdagings wat op julle lewenspad en skoolpad lê. Pak die uitdagings aan en moenie ophou droom nie. 

2023 bied vir jou nuwe geleenthede. Gryp hierdie geleenthede met albei hande aan, werk met passie en geniet elke oomblik.

Maar moet nooit in al jou bedrywighede jou Skepper vergeet wat hierdie alles moontlik maak nie.

Saturday, 31 December 2022

Gelukkige 2023


Dankie, matrone Evie en Rina Groenewald vir al julle onbaatsugtige liefde wat julle so mildelik uitdeel. Mag julle 2023 vol voorspoed en milde seën wees uit die Vader se hand.

Klik HIER vir nog foto's.

Voorspoed en genade vir 'n uitdagende 2023

Mag 2023 ‘n baie geseënde en opwindende jaar in elkeen van julle lewens wees. In Jesaja 43:18-19 staan die volgende belofte: “Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom ...”

Die gemeente ... die land het elkeen se gebede nodig. Kom ons bid vir mekaar, kom ons bid vir vrede, eensgesindheid, samewerking en geloof.

Mag die Vrede van die Vredevors elkeen se harte en lewens vervul.

En mag die nuwe jaar vol verrassende uitdagings, wonderlike geleenthede en seën wees.

Saturday, 1 January 2022

2022-wense


Dutoitspan-gemeente bid vir jou toe: die Here se Genade, Liefde, Vrede, Sorg, Beskerming, Voorsiening en alles wat jy & dié naaste aan jou, hierdie nuwe jaar nodig mag kry.
Mag Hy in Sy Goedheid jou omvou in Sy Omgee-Liefde, jou gebede & diepste hartsbegeertes verhoor, jou beskerm en elke dag in jou behoeftes voorsien.
En mag jy die genade ontvang van daaglikse gehoorsaamheid aan Sy volmaakte Wil en altyd die beste gebruik maak van élke geleentheid (Ef 5:16) tot Sy eer om ook jou roeping in Sy Diens met dankbare, bevoorregte erns, daagliks uit te leef.

Friday, 1 January 2021

Wednesday, 1 January 2020