Showing posts with label Vriendskap. Show all posts
Showing posts with label Vriendskap. Show all posts

Sunday, 24 November 2024

Gebed: Vandag het ek vir jou gebid

Vandag het ek vir jou gebid
God het gehoor, ek weet
Sy antwoord was soos altyd,
"Sou Ek my kind vergeet?"
En het ek gevra vir eerbewyse
Talryk soos bome in 'n woud?
Nee, vir ander ryker gawes
Kosbaarder as goud
Sy nabyheid en beskerming
Soos 'n mantel elke dag;
Gesondheid, seën en vriendskap
Sonstraal blink en blommeprag.
Bowenal was dit my bede:
Al voel elkeen soms verward
Hoop en liefde in jou lewe
En Sy Vrede
in jou hart.

[Dankie, Brenda]

Thursday, 10 October 2024

Dink hieroor: Die waarde van vriendskap


'n Klip is genoeg om ‘n glas te breek.
Een sinnetjie is genoeg om ‘n hart te breek.
Een sekonde is genoeg om verlief te raak.
Maar een misverstand is genoeg om ‘n vriendskap te breek.
Vriendskap is ‘n pragtige reënboog tussen twee harte.
Maak seker jy werk altyd aan goeie vriendskap.
Goeie vriendskap is skaars.
Goeie vriende vergewe.
Goeie vriende help graag.
Goeie vriende is altyd daar in reën en in sonskyn.
ONTHOU VRIENDSKAP IS 'N GESKENK VAN GOD!

Friday, 25 December 2020

Tuesday, 5 November 2019

Thursday, 3 October 2019

Wednesday, 21 August 2019

Sunday, 20 January 2019

Tuesday, 4 September 2018

Saturday, 11 August 2018

Sunday, 15 April 2018

Dink na oor die volgende waarhede...

1) 'n Gebed is nie soos 'n "SPAARWIEL" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "STUURWIEL" wat jou deur jou lewe lei en jou stuur op die regte pad..

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n klein TRUSPIEËLTJIE? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. Kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, Maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit SLEG gaan, moenie bekommer wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is soos DIAMANTE ! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om in te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan in Sy genade en sê, "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.

8) 'n Blinde vra op 'n dag vir ‘n man, "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Die man antwoord, "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

Thursday, 12 October 2017