Wednesday 10 August 2022

Dankie aan al die Vrouedag-lesers

9 Augustus 2022 - 239 lesers!

Klik op die skermgreep om die statistiek duidelik te sien.

Tuesday 9 August 2022

Vrouedag 2022

Wat maak my swak?
My vrese.
Wat maak my heel?
My God.
Wat hou my staande?
My geloof.
Wat maak my goedhartig?
My vermoë om nie heeltyd aan myself te dink nie.
Wat maak my eerlik?
My integriteit.
Wat hou my gedagtes skoon?
My soektog na ware kennis.
Waaruit leer ek die beste lewenslesse?
My foute.
Wat hou my kop omhoog?
My trots, nie my arrogansie nie.
Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie?
Dit is nooit ‘n opsie nie.
Wat maak my suksesvol?
My moed om aan te hou met opstaan as ek geval het.
Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen?
My selfvertroue.
Wat maak my mooi?
My alles!
Wat maak my ‘n vrou?
My hart.
Wie is ek?
Ek is voluit vrou!
  • Vir mooi oë, kyk altyd na ander se goeie eienskappe;
  • vir mooi lippe, sê net vriendelike woorde;
  • vir grasie, loop met die wete dat jy nooit alleen is nie.
Bron van gedig: Gaan ontdek juweeltjies HIER