Showing posts with label Medekollegas. Show all posts
Showing posts with label Medekollegas. Show all posts

Monday, 6 October 2025

Gebed: Dankie vir my kollegas

Dankie, Heer, vir dié mense met wie ek saamwerk.
Vir hul môregroet en hulle totsiens smiddae.
Dankie vir die kameraadskap
wat ek die ganse dag geniet, 
vir hul vriendelikheid en
hulpvaardigheid.

Hoewel ons nie een groot gesin is nie,
is ons tog 'n span wat saamtrek en
saam-saam probleme oplos.
Ons is saam bly oor die sukses van ons onderneming,
saam teleurgesteld as dinge verkeerd loop.
Daar is 'n band tussen ons wat net kan
bestaan tussen mense wat werklik saamwerk.

Soms, wanneer die dagtaak afgehandel is
en ons elkeen ons eie weg inslaan,
is ek met dankbaarheid vervul,
omdat ek al hierdie wonderlike mense
kon ontmoet het.

Seën en bewaar hulle almal, Vader,
dié mense met wie ek saamwerk
en wat vir my só baie beteken.
Amen

Saturday, 1 February 2025

Kerkgenotjies: So terloops ...

Een van my kollegas by die werk vertel in kleur en geur tydens teetyd van sy dieet. 
"Ja, ek handhaaf 'n gebalanseerde dieet, selfs gesond. Ek sorg dat ek elke dag een van al die voedselgroepe inkry: die suikergroep, die southappiegroep, die kafeïengroep en die wat-ook-al-die-ding-in-die-tinfoelie-agter-in-die-yskas-is-groep."

Tydens teetyd bespreek vrouens hulle mans se drinkgewoontes en wat daarmee gepaard gaan.
"Nee, jong, my man se lyf is nie gemaak vir drank nie. Die laaste keer toe hy 'n slukkie van myne geneem het, het hy 'n hysbak gekaap en die operateur beveel om hom Frankryk toe te vlieg vir die Olimpiese Spele."

Dieselfde vrouens tydens 'n Maandag-teetyd. Weer is die mans die onderwerp van bespreking, maar hierdie keer gaan dit oor argumente.
'n Jong getroude personeellid: "Wat maak 'n mens as jy en jou man in 'n argument betrokke raak?"
Een van die meer senior dames: "Ek het al dikwels dat my man die argument wen. Maar ek het altyd geweet ek is reg."

[Dankie, Anoniem van Bloemfontein, vir jou insette.]

Friday, 16 August 2024

MAAR, dan is daar altyd daardie IEMAND ...

Party dae kom mens by die werk aan en jy voel mismoedig, geïrriteerd met die medekollegas en sommer vies vir beurtkrag, beurtwater en die verkeer op pad werk toe. Of jy kom werk toe met hartseer en pyn, met geen lus vir die dag nie! Dit het al met ons almal gebeur.

MAAR, dan is daar altyd daardie IEMAND ...

IEMAND wat 'n simpel grappie vertel,
IEMAND wat 'n mooi boodskap in die oggende in jou gedagtes los,
IEMAND wat jou oorval met positiwiteit,
IEMAND wat altyd lag,
IEMAND wat 'n storie vertel, wat jou probleme klein laat voel,
IEMAND wat jou pyn raaksien en aan jou dink,
IEMAND wat jou beter laat voel!!

Jy was al daardie IEMAND vir 'n kollega! Dankie daarvoor!