Showing posts with label ACVV. Show all posts
Showing posts with label ACVV. Show all posts

Sunday, 21 September 2025

Jy is uitgenooi na ACVV Ons Huis se jaarvergadering

ACVV Ons Huis val binne die gemeentegrense van Dutoitspan en daarom neem ons die vrymoedigheid om u hartlik uit te nooi na ACVV ONS HUIS se jaarvergadering.

Waar: ACVV Ons Huis, Ariadne Rylaan 8, Beaconsfield, Kimberley
Wanneer: 23 September 2025 om 09:00
RSVP: 22 September 2025 by 053 842 1141  
Jy is baie welkom! 

Wednesday, 17 September 2025

Jy is uitgenooi na ACVV Ons Huis se jaarvergadering

ACVV Ons Huis
 val binne die gemeentegrense van Dutoitspan en daarom neem ons die vrymoedigheid om u hartlik uit te nooi na die ACVV se jaarvergadering.

Waar: ACVV Ons Huis, Ariadne Rylaan 8, Beaconsfield, Kimberley
Wanneer: 23 September 2025 om 09:00
RSVP: 22 September 2025 by 053 842 1141  
Jy is baie welkom! 

Saturday, 17 August 2024

Help asseblief ONS HUIS sodat hulle weer die inwoners kan help

Vanaf  29 Augustus tot Sondag, 1 September 2024 is die pannekoek- en vetkoekstalletjie aan die ACVV en ADASA (Alzheimers) Kimberley, by die jaarlikse Hartsfees te Yonder, toegeken. Dit is dus 4 dae wat die 2 organisasies vir fondsinsameling pannekoek en vetkoek verkoop. 

Sonder u gewaardeerde hulp sal ons dit nie kan doen nie. Ons benodig bestanddele en vra asseblief vir hulp van u of u organisasie/besigheid. Hieronder is 'n lys van wat ons benodig:

* koekmeel - ten minste 20 kg
* suiker - ten minste 20 kg
* pypkaneel
* bakpoeier
* suurdeeg
* sout
* asyn
* olie - ons het redelik baie nodig vir die vetkoek bak
* eiers - hiervan het ons ook heelwat nodig
* maalvleis
* hoenderfilette
* mayonnaise
* blik of 2 "Spray & Cook"
* gevriesde gemengde groente om by die maalvleis te voeg
* verpakking

Ons as bestuur en personeel van die twee organisasies wil u byvoorbaat vir u gewaardeerde bydrae bedank.

Vriendelike groente.
Irma van As en Emsie Malan
(Bestuurders van ACVV Kimberley en ADASA Kimberley)  

Kontak Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure
Ons het jou hulp nodig!

Sunday, 4 August 2024

Afkondiging: Raak betrokke - maak 'n verskil by Ons Huis

HANDE BOU BANDE
Ons Huis
 BENODIG JOU HART, HANDE & VOETE vir hulle groot fondsinsamelingspoging by Yonder se Hartsfees. Net 'n uur of twee kan 'n reuse verskil maak. Kontak asb. vir Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure - ons wag vir jou oproep! 

Wanneer: 29 Augustus tot 1 September
Waar: Malupark, Hendrik van der Bijlstraat, Kimdustria, Kimberley
Waarom: Omdat jou teenwoordigheid 'n verskil aan hulle maak vir wie fondse ingesamel word. 

Saturday, 14 January 2023

Fondsinsameling: 25 Februarie 2023


Steek jou hand in jou sak vir 'n goeie doel. Kaartjies is reeds aanlyn beskikbaar en fisiese kaartjies sal van Maandag, 16 Januarie, beskikbaar wees by Barristers en MALU Pork.

Kimberley, kom ondersteun hierdie verdienstelike saak. Die fondsinsameling is vir Ons Huis Versorgingsoord. Kom ontspan en geniet 75 minute van heerlike komedie.

Enige navrae: Kontak 083 276 4878

Sien julle daar!!

Monday, 28 May 2018