Showing posts with label Katelyn Marais. Show all posts
Showing posts with label Katelyn Marais. Show all posts

Thursday, 3 May 2018

'n Lekker piesangbroodresep vir die basaar

Katelyn Marais is hier aan roer van sake.
BESTANDDELE:
1.  125ml (halwe koppie) botter of margarien
2.  250ml (1 koppie) suiker
3.  5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
4.  2 of 3 eiers
5.  500ml (2 koppies) koekmeelblom
6.  10ml (2 teelepels) bakpoeier
7.  2,5ml (halwe teelepel) sout
8.  4 tot 6 ryp piesangs

METODE:
1.  Voorverhit die oond tot 180 °C
2.  Klop die botter en suiker tot romerig
3.  Voeg die vanieljegeursel by en meng goed
4.  Klits die eiers een-vir-een by 
5.  Sif die droë bestandele saam in 'n aparte bak en voeg by die eiermengsel en meng goed
6.  Meng die fyngemaakte piesang by die beslag
7.  Gooi in 'n gesmeerde broodpannetjie
8.  Bak vir 1 uur teen 180 °C

Thursday, 26 April 2018

Basaar: Idees vir die lekkergoedtafel...

Katelyn Marais saam met haar juweel-juffrou,
Christine Pretorius!
Met die basaar op hande, is dit nodig dat ons gaan kers opsteek by "kenners" - die eintlike klante van hierdie vrolike tafel. Katelyn Marais, 'n bekkige 4-jarige deel haar lekkergoedidees met ons. En uit "ondervinding" weet sy dat dit werk... Sy het dit immers eerstehands ondervind tydens hulle entrepreneursdag by die skool. Kliek hier vir nog idees!