Showing posts with label Blondines. Show all posts
Showing posts with label Blondines. Show all posts

Saturday, 5 September 2026

Kerkgenotjies: Blondines voer nog steeds die botoon ...

* Twee blondines staan in die stort:
Blondine 1: "Leen my jou sjampoe, asb."
Blondine 2: "Gebruik jou eie sjampoe."
Blondine 1 : "Ek kan nie - op die houer staan "VIR DROË HARE" en my hare is nou sopnat!"

* Twee blondines staar na die volmaan:
"Dink jy daar's lewe op die maan?" vra die een.
"Moet wees - daar skyn dan 'n lig!"

* Blondekopdogtertjie aan haar pa: "Pa, Meneer sê dat ons voorouers almal ape was."
Pa baie verontwaardig: "Jóú voorouers mag dalk ape gewees het, maar myne was beslis nie." 

* Die blondine se werkgewer roep haar kantoor toe.
"Jy is afgedank," sê hy.
"Maar ek het niks gedoen nie," protesteer sy.
"Dis presies die probleem!" bulder hy.

Saturday, 29 August 2026

Kerkgenotjies: Die blondine-grappies bly maar gewild

* Die blondine stap een Saterdagmiddag by Fruit &Veg in:
Verkoopsman: "Middag, Dame, kan ek help?"
Blondine: "Ja, asseblief, ek het 'n braai vanaand en wil 'n ou slaaitjie maak en is op soek na ses prokureurspere."
Verkoopsman: "Wat op aarde, dame, is prokureurspere? Ons het nie dit op ons rakke nie."
Blondine: "Ja, man, daardie groen goed met die groot pit in die middel!"
Verkoopsman: "Oooo, u bedoel avokadopere?"
Blondine: "Ja man, een of ander wetlike pere, gee vir my ses!"

* Twee blondines ry fiets:
Die een hou stil en begin die lug uit haar fiets se bande te laat.
"Wat maak jy nou?"
"My saal is te hoog!"
 
* Die ander blondine begin om haar fiets se handvatsel en saal om te ruil:
"En wat maak jy nou?"
"Jy's te onnosel - ek het besluit om terug huis toe te ry!"