Saturday, 29 August 2026

Kerkgenotjies: Die blondine-grappies bly maar gewild

* Die blondine stap een Saterdagmiddag by Fruit &Veg in:
Verkoopsman: "Middag, Dame, kan ek help?"
Blondine: "Ja, asseblief, ek het 'n braai vanaand en wil 'n ou slaaitjie maak en is op soek na ses prokureurspere."
Verkoopsman: "Wat op aarde, dame, is prokureurspere? Ons het nie dit op ons rakke nie."
Blondine: "Ja, man, daardie groen goed met die groot pit in die middel!"
Verkoopsman: "Oooo, u bedoel avokadopere?"
Blondine: "Ja man, een of ander wetlike pere, gee vir my ses!"

* Twee blondines ry fiets:
Die een hou stil en begin die lug uit haar fiets se bande te laat.
"Wat maak jy nou?"
"My saal is te hoog!"
 
* Die ander blondine begin om haar fiets se handvatsel en saal om te ruil:
"En wat maak jy nou?"
"Jy's te onnosel - ek het besluit om terug huis toe te ry!"