Sunday, 30 August 2026

Die Meesterplan: Simboliek van agtergrond prent van hierdie week

Die stralende lig simboliseer God se heerlikheid waaruit alles ontstaan en waardeur alles bestaan.

Die lig vloei deur mense én die hele skepping, wat weerspieël dat alles uiteindelik tot God se eer bestaan.

Die menslike figure in aanbidding wys dat ons, as mense wat na God se beeld geskape is, nie net God se heerlikheid ontvang en weerspieël nie, maar Hom bewustelik eer en aanbid.

Die lig wat deur mense, diere, natuur en water voortvloei, verbind die hele skepping in één loflied: alles wys terug na die Een uit wie, deur wie en tot wie alles is.

Die donkerte rondom die beeld beklemtoon die kontras met die goddelike lig en laat die kernboodskap uitstaan: ons skeppingsdoel is om God se heerlikheid in die hele lewe te weerspieël en Hom daarin te verheerlik.