Thursday, 6 August 2026

Dankie vir die verskil wat Helpende Hand maak


Dutoitspan was vandag aan die ontvangkant van Solidariteit Helpende Hand se kombersprojek. Dankie vir die 30 komberse wat julle aan persone ouer as 65 geskenk het. Dankie dat julle omgee vir die ouer gardes, dat julle hul na waarde skat en dat julle 'n voorbeeld stel oor die belangrikheid van omgee en uitreik.

Met julle stille uitreik op plekke waar dit noodsaaklik is, gee julle toekomshoop vir baie mense.

Foto's: Elsa Minne