Showing posts with label Goedgesindheid. Show all posts
Showing posts with label Goedgesindheid. Show all posts

Thursday, 11 June 2026

Dink hieroor: Oorleef of leef?

Martha Washington het gesê: "Ek het geleer die grootste deel van ons geluk of ellende hang af van ons gesindheid, en nie ons omstandighede nie." As jy van oorleef na leef wil gaan, moet jy die meeste maak van die plek waar God jou gesit het.

Tuesday, 20 June 2023

Nou en vir altyd ...

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer.
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer.

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig.
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig.

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop.
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys.
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet.
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied.

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie.

Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.
Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.

U is by my.
By U is ek veilig.

U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.

U sal my beskerm teen alle gevaar.
Nou ...
Altyd.

Wednesday, 12 April 2023

Sê 'n keer iets goeds van my voordat ek dood is ...

As jy die mense op straat, in die winkel, kafee of werksplek hoor praat, kry jy die indruk dat die meeste mense slegte mense is.
As jy egter begrafnisse bywoon en al die Ter herinnering aan lees, sal jy dink dat daar nie slegte mense bestaan nie en dat alle vaders en moeders ideale vaders en moeders is en al die eggenote teergeliefd en vol toewyding en sorg!
Nooit vind jy in 'n doodsberig in die koerant: Hy was 'n buffel of Sy was 'n kwaadstoker nie.
Ons kan van 'n grafskrif alles leer behalwe een ding:
Moenie wag tot iemand dood is voordat jy vir hom of haar die pluimpie gee nie!
Bring jou blomme nou voordat ek dood is!

[Dankie, Anoniem]