Friday 30 November 2018

Thursday 29 November 2018

My top 3-lesse...

Catherine Constantinides - Mej. Aarde SA 2003 sê:
*   Jy kan alles kry wat jy wil hê, maar nie op dieselfde tyd nie. Dissipline en struktuur is belangrik.  
*   Omring jou met mense wat in jou glo.
*   Moenie bang wees om groot te droom nie - en droom in helder kleure.
     (Sarie Februarie 2015)

Wednesday 28 November 2018

Tuesday 27 November 2018

Monday 26 November 2018

Sunday 25 November 2018

Saturday 24 November 2018

Friday 23 November 2018

Thursday 22 November 2018

My top 3-lesse

Emily Gray - deelnemer aan die Paralimpiese Spele in Beijing en in London sê:
*   Daag jouself elke dag uit. Wanneer jy moet en teleurgesteld is, moet jy jouself uit jou gemaksone druk.
*   Jy kán enigiets doen. Selfvertroue groei as jy jouself toelaat om nuwe uitdagings te aanvaar ten spyte van      mense wat jou oortuig dat jy dit nie gaan regkry nie.
*   Die Paralimpiese en Olimpiese swemmer Natalie du Toit, 'n groot mentor glo: "Leef elke dag asof dit jou      laaste is. Eendag sal dit wél so wees."

     (Sarie Maart 2015)

Wednesday 21 November 2018

Tuesday 20 November 2018

Monday 19 November 2018

Internasionale mannedag?

Blykbaar is dit vandag internasionale mannedag!! Nou nie dat iemand hulle werklik daaraan steur nie - dit is ook nie so belangrik dat dit 'n publieke vakansiedag is nie. Die idee is dat die mans meer bewus van hulle gesondheid gemaak moet word en dat hulle aandag daaraan moet gee- dit is immers Movember!!

My lewensredder ...


Sunday 18 November 2018

Saturday 17 November 2018

Friday 16 November 2018

Thursday 15 November 2018

My top 3-lesse...

Phillippa Hutton-Squire - internasionale seiljagvaarder sê:
*   Om suksesvol te seil werk soos skaak. Ek kry daagliks inligting per rekenaar oor "die vyand" se posisie. Dan probeer ek hul "skuiwe" raai en uitoorlê.
*   My pa se vertellings oor die Franse seiljagvaarder Isabelle Autissier het my laat glo alle drome is moontlik.           
*   In dié werk moet jy selfgemotiveerd wees en probleme kalm kan uitpluis. (Sarie Maart 2015)

Wednesday 14 November 2018

Tuesday 13 November 2018

Monday 12 November 2018

Sunday 11 November 2018

Psalm 121: 'n gebed

Ek is nie die outeur van die aangrypende beskrywing van Ps. 121 nie! Ek het dit net so outeurloos ontvang. Ek wil dit net graag deel met almal wat berge in hulle lewe moet oorkom. Liefde.

Psalm 121: 'n Gebed

Ek kyk op na die berge in my pad. Berge wat die lewe sommer self voor my kom inrol het. Wie gaan my hand vat en my help om 'n ompad te kry, Here? Mense kan nie berge wegrol nie, al wil hulle ook. Mense kan nie die berg van verlang wat so swaar in 'n mens se hart kom lê, wegvat nie. Verlang na 'n geliefde wat weg is. 'n Pa, 'n ma, 'n kind ...

Ek kyk op na die berge in my pad ... Berge van bangwees en alleenwees en onseker wees. Berge van skaamwees. Wie gaan my help om 'n ompad te kry, Here?
Mense is partykeer bang vir berge. Mens praat mos so effentjies om dit. Partykeer vat jy klippies en pak 'n groot glimlag op jou berg ... en dan is almal bly, want jou berg is nie meer so "scary" nie.
Ek kyk op na die berge in my pad. Wie gaan my help om verby hierdie een te kom? Ek kan nie my berg optel en na U toe bring nie. Dit is te swaar. As ek by U voete kom sit om te bid, kry ek nie die regte woorde om hierdie berg vir U te beskryf nie. Partykeer voel dit asof ek aan hierdie kant van my berg sit, en U sit aan die anderkant.

Ek kyk op na die berge in my pad. Wie gaan my help om verby hierdie een te kom?
My hulp kom van Hom wat die hemel en die aarde gemaak het. My hulp kom van Hom wat die mossie se veertjies getel het, van Hom wat vir die swaeltjie krag gee om ver te trek, van Hom wat seker maak dat die Klipspringertjie se voete stewig op die klippe balanseer. Hy wat elke dag 'n streep op die sand trek, en vir die branders sê julle mag tot hier kom. Hy wat vir die son sê wanneer om te gaan slaap, en vir die maan wanneer om wakker te word.

Dit is Hy wat terugstap op Sy pad om my te kom soek as ek agter die berg wegraak. Dit is Hy wat stil langs my kom sit en na my hart luister, as my woorde nie meer kan praat nie. Dit is Hy wat elke dag 'n mandjie genade langs my neersit, genade net genoeg vir elke dag se klim. Dit is Hy wat my hand vat en my ophelp en tree vir tree saam met my klim. Hy dra my wanneer my voete gly. Hy laat my rus wanneer ek moeg word.

Ek kyk op na die berge in my pad. Wie gaan my help om 'n verbypad te kry?

My hulp is van die Here wat my oppas. Elke dag ... En dit is genoeg.

Die Here se planne...


Saturday 10 November 2018

Habits...


Friday 9 November 2018

Thursday 8 November 2018

My top 3-lesse...

Verna van Schaik - wêreldrekordhouer van grotduik in Boesmansgat naby Daniëlskuil sê:
*   Diep onder die water was dit my verantwoordelikheid om besluite te neem wat lewe
     en dood kon beïnvloed. Dit was bemagtigend.
*   Wees altyd voorbereid op gevaarsituasies. Moet nooit dink iets kan nie met jou gebeur nie.
*   Omarm vrees! Dit motiveer jou.

     (Sarie Maart 2015)

Wednesday 7 November 2018

Wat is lewe?


Tuesday 6 November 2018

Monday 5 November 2018

Sunday 4 November 2018

Friday 2 November 2018

Thursday 1 November 2018