Showing posts with label Horlosie. Show all posts
Showing posts with label Horlosie. Show all posts

Sunday, 26 October 2025

Watter soort lidmaat is jy?

· Die kruiwa-tipe: nutteloos tensy iemand anders my stoot
· Die kano-tipe: ek moet gedurig geroei word voor ek beweeg
· Die vlieër-tipe: aan ‘n lyn vasgebind anders raak ek weg
· Die voetbal-tipe: niemand weet watter kant toe ek gaan spring nie
· Die ballon-tipe: vol wind en gereed om enige oomblik te ontplof
· Die sleepwa-tipe: doen niks tensy ek getrek word nie
· Die neonlig-tipe: nou aan die brand en dan weer dood
· OF: SOOS ‘N BETROUBARE HORLOSIE: 'n Oop gesig. Suiwer goud. Altyd stilweg besig. En propvol goeie werke!

Tuesday, 16 July 2024

Elke uur van die horlosie het 'n boodskap

EENUUR:- sê vir my ek lewe net eenmaal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd op aarde reg gebruik.

TWEEUUR:- sê ons het net 2 ouers wat ons moet liefhê en gehoorsaam.

DRIEUUR:- herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet. .. liefhê, die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

VIERUUR:- herinner my aan die 4 windstreke (Noord, Suid, Oos en Wes) en dat ek, waar ek ookal gaan, God se kompas (my Bybel) nodig het om vir my rigting aan te wys.

VYFUUR:- dui op die 5 vingers aan elke hand waarmee ons moet werk om ons brood eerlik te verdien en diensbaar vir die Here te wees.

SESUUR:- sê vir my dat ek ses dae van die week moet werk.

SEWEUUR:- sê dat ek op die sewende dag moet rus.

AGTUUR:- laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die sonvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by Christus my skuiling soek.

NEGEUUR:- herinner my aan die 9 melaatses wat nie teruggekom het om die Here te dank na hulle gesond geword het nie, en maan my om altyd dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang.

TIENUUR:- herinner my aan die 10 jong meisies waarvan 5 nie gereed was toe die bruidegom gekom het nie, en vermaan my om nie so dwaas te wees nie.

ELFUUR:- herinner my aan so baie mense wat tot elfderuur uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom.

TWAALFUUR:- sê vir my die genadetyd is haas verby. Middernag kom die bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agter bly as hy sy kinders kom haal nie.

Elke tik van die horlosie. Elke klop van die hart bied 'n geleentheid! Amen!

[Dankie, Rosetta, vir die aanstuur van hierdie boodskap.]