Thursday 30 June 2016

Wednesday 29 June 2016

Dutoitspan word wyd gelees!

Kliek op die tabel om die inligting beter te lees.
Die afgelope maand het hierdie blog 59 bladsybesoeke
uit die VSA gekry. Laat hoor gerus van julle.
 

Op hierdie betrokke dag het die blog 98 bladsybesoeke ontvang en
die afgelope maand 691. Dankie aan elkeen wat 'n draai hier maak.
Ek hoop dat julle 'n bietjie padkos vir die dag kry!

Nog armer...


Tuesday 28 June 2016

Sunday 26 June 2016

Saturday 25 June 2016

Die waarheid...

'n Sondagskool onderwyser het besluit dat die klas Psalm 23 moes memoriseer. Sy het die kinders 'n maand gegee om dit te doen. Een seun het baie gesukkel en sy het hom elke Sondag moes help.

Ou Tienie het hard geleer, maar hy het gesukkel, tog was hy baie opgewonde om dit voor die gemeente op te sê.

'n Maand later is almal reg en Tienie staan voor die gemeente, gryp hy die mikrofoon en hy trek los: "Die Here is my Herder en dis al wat ek weet."

Friday 24 June 2016

Beyers Naudé

Die broer van een van Dutoitspan se leraars. Gaan lees so 'n
ietsie van die gesin hier. Rol af tot onder as jy op die bladsy:
"Predikante wat in dié gemeente gearbei het", kom.

Face your problems!



Thursday 23 June 2016

Get a clear goal!

 

Wednesday 22 June 2016

Tuesday 21 June 2016

Monday 20 June 2016

Die troue...

Ds. Kobus Kloppers het so drie maande terug 'n baie verliefde paartjie getrou. Hulle kon nie genoeg van mekaar kry nie. Hulle het aan mekaar se lippe gehang en in mekaar se oë verdrink. Geen wonder dat  almal gedink het dat hierdie liefde vir 'n leeftyd gaan wees nie.

Drie maande later kry ds. Kobus die man in die Mall. 

Lees nou verder hier! 

Voorspoed!


Sunday 19 June 2016

Saturday 18 June 2016

Friday 17 June 2016

Thursday 16 June 2016

Ons kan nie geld vir hierdie kerk gee nie...

Die meeste van die tyd het die kerk probeer om vir 'n diaken 'n wyk so na as moontlik aan sy huis te gee, bloot om dit 'n bietjie meer geriefliker te maak. Maar soms gebeur dit dat jou wyk aan die anderkant van die gemeente lê.

Een van my wyke wat ek op 'n stadium gehad het, was deur die duikweg. Ek besoek ook sommer die nuwe intrekkers ... (Lees verder!)

Struikelblokke


Wednesday 15 June 2016

Tuesday 14 June 2016

Basaar-nabetragting!

2016 se basaar was die laaste een waar ek
werksaam was. Van nou af, gaan ek dit net
bywoon!!   
2016 se basaar het sy kwota koue gebring en al die Kimberliete is nie ewe dapper om die koue te trotseer vir heerlike outydse gemmerbier, poedings, pannekoek en braaivleis nie.

Verder het ek gedog dat die jongmense en kinders in groot getalle sal opdaag. Dis mos baie lekkerder om te basaar as om te studeer, maar hierdie ou omie was verkeerd.

Ons het julle gemis by die basaar. Maak 'n plan om volgende jaar in groot getalle op te trek.

En so merk ons nog 'n aktiwiteit op 2016 se kalender af. Om te basaar of nie te basaar nie, die gees is belangrik en die samesyn was heerlik.

Have faith...


Monday 13 June 2016

Our God...


Hulp langs die pad...

As ek vir iemand langs die pad kan hulp aanbied,
As ek iemand kan opbeur met 'n woord of lied...
Dan sal my lewe nie tervergeefs wees nie..
(Alma Smith)

Sunday 12 June 2016

Saturday 11 June 2016

Happy!


Kom basaar saam!!

Waar?  Die oop stuk gras langs die Game Mall.

Sien jou daar!



Friday 10 June 2016

Basaar! 11 Junie 2016

Waar?  Die oop stuk gras langs die Game Mall.

Sien jou daar!

Bring papier-
sakke vol geld saam...

Thursday 9 June 2016

Wednesday 8 June 2016

Basaargedagtes van toeka...

Hierdie muurbehangsels is van Jane se handewerk
in die jare 70! Hierdie droë blomme was daardie
tyd hoog in die mode! In die voorgrond is twee
oompie-kadoompie-vrugtekoeke. 

Met 2016 se basaar op hande, loop 'n mens se gedagtes onwillekeurig na ander basare wat deel van my lewenspad was.

Jare terug was die kerkbasaar een van die hoogtepunte op 'n kerk se kalender. Sommer baie vroeg in die jaar is die eerste vergadering gehou en sameroepers is vir elke tafel aangewys... sommige tafels het selfs twee sameroepers gehad. Daarna is daar in alle erns met die reëlings van die basaar begin.

Diakens en ouderlinge het elke maand vir so ses maande, elke maand die basaarlys saamgevat as hulle deur hulle wyke gegaan het. Gebak en handwerk was gewilde items. Sameroepers gaan hierdie basaarlyste met 'n valkoog deur en hulle vergader met skenkers en helpers. Elkeen wil graag in sy hart hê dat sy of haar tafel die beste is of die meeste geld in - natuurlik die vleistafel uitgesluit, want hierdie tafel was al die jare nog die gewildste tafel. 'n Baie belangrike faktor was dat die kerk feitlik niks aangekoop het nie.

Hoe nader die basaar, hoe meer die basaarpraatjies. Idees en wenke van ... (lees verder - rol tot onder)

Read your Bible!


Tuesday 7 June 2016

Monday 6 June 2016

I am a light!


Sunday 5 June 2016

Kom basaar saam!!

11 Junie 2016 - jou heel belangrikste
datum vir Junie!!!
WAT:
NG Kerk Dutoitspan se jaarlikse
basaar!!

WAAR:
Die graspark langs Game!!

WANNEER:
11 Junie 2016

VIR WIE:
Almal wat in Kimberley en omgewing is!!

SIEN JOU DAAR!!!!

Saturday 4 June 2016

Friday 3 June 2016

Koffiehuiskonserte: 'n terugblik!

Hierdie konserte was lank voor die dae van televisie. Dutoitspan het 'n oulike klomp jongmense gehad, destydse KJV. Hulle het gereeld konserte op 'n Vrydagaand aangebied. Gewild was hulle beslis en hulle het vol sale getrek.

Van die jongmense wat ek kan onthou, is Gawie, Hannetjie en Letsie Victor, Schalk Bothma, Joep Joubert, Martin du Plessis, die Kapp-tweelingdogters, Herklaas en Madeleine Greyling, Corrie Vermeuelen en vele ander.

* 'n Paar items waaraan ek kan dink, was die motor met die pap wiel... lees verder.

Johannes 3:16


Thursday 2 June 2016

Wednesday 1 June 2016

Heerlike terugvoer...


Wow ek is so opgewonde oor hierdie pragtige “blog” Baie dankie vir al die pragtige foto’s en mooi gedagtes wat hierop geplaas word.

Ek kan nie wag om te sien wat elke dag opgesit word nie!

Baie dankie
Elmi Bean

Skriba : DuToitspan NG Kerk
Tel/Faks: 053 842 1100
e-pos: dutoitspan@telkomsa.ne

One step...