Showing posts with label Versorg. Show all posts
Showing posts with label Versorg. Show all posts

Sunday, 30 November 2025

Mossieboodskap: Hy sorg vir julle ...

Terwyl 'n werker besig was om die sierbome langs die straat van 'n sekere stad te snoei, het hy 'n mossienes gesien in een van die takke wat verwyder moes word. By nadere ondersoek het dit geblyk dat die nessie vol kleintjies was. Dit sou noodlottig vir die kleintjies wees as hy die tak moes verwyder. Hy het dus toestemming gekry om die boom later te snoei.

'n Paar weke later was die nessie leeg; en toe hy dit bekyk, sien hy tot sy groot verbasing 'n Sondagskool-tekskaartjie tussen die grassies en stokkies ingevleg, met die woorde daarop: "Hy sorg vir julle." (1 Pet.5:7)

Sal die God wat getrou is aan Sy Woord selfs teenoor die mossies, dan nie ook vir sy kinders sorg nie?

[Die Spoorwegbode: Februarie 1986]

Monday, 3 November 2025

Gebed: Bekommernisse

Hemelse Vader, e
k bely vandag dat ek chroniese kommerkous is. Vergewe my dat daar nog so baie dinge is waaroor ek besorg en bekommerd is. As ek na die nuus luister, is ek bekommerd oor my kinders, my stad, my land, ons regering, ons toekoms en die kerk. Help my om soos Maria die beste deel uit te kies, wat nooit van my af weggeneem kan word nie, en my verhouding met U te versterk. Leer my dan om elke bekommernis na U toe te bring en hulle daar by U te los met die seker wete dat U sal sorg. Amen

Wednesday, 31 July 2024

Versekeringsportefeulje

Hier op aarde is ons baie besorg oor ons VERSEKERINGSPORTEFEULJE, want dit is belangrik dat ons voldoende voorsorg moet tref vir ons aftrede en die versorging van ons familie as ons tot sterwe mag kom.

Hoe lyk ons VERSEKERINGSPORTEFEULJE vir die EWIGHEID??

"Want ons het NIKS in die wêreld gebring nie; dit is duidelik dat ons ook NIKS daaruit kan wegdra nie!!
1 Tim. 6:7

Friday, 6 September 2019