Hemelse Vader, ek bely vandag dat ek chroniese kommerkous is. Vergewe my dat daar nog so baie dinge is waaroor ek besorg en bekommerd is. As ek na die nuus luister, is ek bekommerd oor my kinders, my stad, my land, ons regering, ons toekoms en die kerk. Help my om soos Maria die beste deel uit te kies, wat nooit van my af weggeneem kan word nie, en my verhouding met U te versterk. Leer my dan om elke bekommernis na U toe te bring en hulle daar by U te los met die seker wete dat U sal sorg. Amen