en julle het die volheid in Hom wat die hoof is van alle owerheid en mag;
God het jou saam met Hom opgewek uit die dood deur die geloof in die werking van God, sien (vers 12b).
Jy is dus saam met Christus opgewek; soek dan nou dinge wat daarbo is waar Christus aan die regterhand van God sit. (Kol. 3:1)
Wanneer Christus, wat jou lewe is, geopenbaar word, dan sal jy ook saam met Hom in heerlikheid openbaar word. (Kol. 3:4)
Beklee jou nou met die nuwe mens wat vernuwe word tot die kennis na die beeld van jou Skepper. (Kol. 3:10)
Dankie, Here, vir u genade, wat my vernuwe het en 'n nuwe kleed gegee het in Christus na die beeld van my Skepper; dit is die Woord van God. Ek het nou saam met U opgewek uit die dood in die nuwe lewe. U het het my met u volheid gevul tot eer van u Naam. Aan U al die eer en heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]