Showing posts with label Lewenspad. Show all posts
Showing posts with label Lewenspad. Show all posts

Tuesday, 10 March 2026

Mandjie Hoop: Blomme bring vreugde

Blomme kan met die lewe vergelyk word. 
Dit bring vreugde wat almal kan geniet, 
al het sommiges dorings 
en maak dit soms seer. 

Skoenlappers en bye kry nektar daaruit,
maar elkeen om 'n ander rede. 
Skoenlappers bestuif plante en bome
en bye maak heuning. 

Soms val luise die plante aan
of wurms broei uit 
en probeer die plant verwoes. 
So is daar mense wat dieselfde aan ander doen. 
As die eienaar oplettend is 
sal hy gou die plaag uitroei 
en die plant sterk herstel.

So is dit jul plig om mense se lewens aan te raak. 
Julle mag nie huiwer om iemand reg te help
as hy iets verkeerd sê of doen nie, 
maar doen dit met liefde en respek. 

Hy sê toe: Die lewe is soos 'n blom,
dit is nie vir ewig nie. 
Ek het aan elkeen 'n lewenstydperk gegee - 
sommiges langer as ander.
Moenie vrae vra nie,
want Ek het my beplanning perfek uitgewerk. 

Ek laat jul soms bedroef agter, 
maar Ek is jul Trooster, 
ek heel gebroke harte. 

So my kinders gaan in vrede 
en deel dit met almal, 
saai vreugde
en jul lewe sal 'n liefdestuin wees. 

[Aangestuur]

Thursday, 11 December 2025

Dink hieroor: Jou denke

Ons lewenskwaliteit en suksesse wat ons in die lewe behaal, word deur ons denke oor ons omstandighede bepaal. Dit is ons DENKE wat ons motiveer of demotiveer om iets te doen, betrokke te raak of om te onttrek. 

Ons moet daagliks doelbewus daaraan werk om hierdie hierdie kritieke waarheid te kan toepas, maar belangriker nog is dat ons dit vir ons kinders moet leer.

Die manier HOE jy dink, bepaal ook HOE jy na jou omstandighede kyk en daarom is dit een van die  belangrikste opvoedingstake wat ons het. Goeie karatereienskappe is 'n groter geskenk as modeklere en moderne speelgoed. Rus jou kind toe met eienskappe wat hom of haar deur hul lewe kan dra.

Dit is dus ons DENKE oor ons omstandighede wat ons suksesse bepaal.

Sit en gesels met jou kind en stel vas hoe hulle oor sekere aspekte van die lewe voel en jy sal maklik kan vasstel watter karaktereienskappe kort 'n bietjie aandag en watter onsekerhede is reeds uit die weg geruim.

Onthou, jy lê die fondasie vir jou kinders se lewenskwaliteit. Dink daaroor hierdie Kersfees as jy met die duur onnodige speelgoed in jou hand staan. Gaan hierdie speelgoed wat ek op my kredietkaart gaan koop, bydra tot my kind se mensweessuksesse of sus ek my ouergewete?? 

Monday, 27 January 2025

Oases op die lang pad

"... Ek het grootgeword in 'n gesin waar ons gedurende vakansies die land deurkruis het. Ons het graag by padstalletjies gestop om van die kontrei se vrugte of droëvrugte te koop wat ons so in die ry geëet het. Die pad na, en van ons bestemming, was altyd deel van die reis en alhoewel die roete soms lank was, was die reis draaglik en aangeneem.

Ons lewenspad kan partykeer 'n hoofweg wees met kitskosrestaurante en geriefswinkels wat ons help om vinniger en makliker van punt A na punt B te kom. Ander kere lê daar weer 'n lang, eentonige pad voor ons uitgestrek waarteen ons opsien, maar wat ons nie kan vermy nie. Waaroor ons wel beheer het, is hoe ons kies om dié pad aan te pak. Gaan ons stop by plekke van lafenis op die pad wat anders lank en eentonig voor ons uitgestrek lê, of kies om eerder verby te ry en onsself die breek, die blaaskans te misgun?

Soms het ons min of geen beheer oor die pad waarop die lewe ons noodgedwonge neem nie. Ons kan egter kies om onsself  'n ruskans te gun deur die mooi en anderse wat wel periodiek op die roete voorkom, raak te sien, te geniet en daaruit te put wat nodig is om die pad vorentoe aan te durf. Net dalk word hierdie stoppe wonderlike herinneringe wat die lang reis nie net draaglik maak nie, maar in iets kosbaar omtower ..."

[Madelein Campher - The Post, April 2024, bl. 12] 

Tuesday, 3 December 2024

Mag jy 'n positiewe dag hê ...

Die lewenspad is soms vol opdraandes,
soms gelyk,
soms taai.
Tree vir tree en
dag vir dag vorder jy hierop.
Partykeer is die pad begaanbaar ander kere verdwaal jy.
Dit voel dalk vir jou of ander mense jou pad vir jou bou.
Dis nie waar nie!
Jy HET 'n keuse!
Vader het immers vir jou verstand gegee.
Jou sleutel tot geluk lê in jou kop.
Begin om reg te dink.
Maak jou gedagtes vol van Vader.
Jou lewenspad loop deur jou kop - altyd.
Daar begin jy elke dag.
Gee jou gedagtes vandag nog vir die Vader!
En elke dag gedagte vir gedagte.
Dan kry jou lewenspad skielik nuwe betekenis
en nuwe rigting!

Friday, 20 September 2024

Hoe sê 'n mens dankie ...

* vir dit wat mens het?
* vir soveel liefde?
* 'n huisie?
* 'n bed?

Heer, ek het nie veel nie ...
Maar dit weet U klaar!
Die bietjie wat ek het ...
Is vir my so kosbaar!

Heer, ek tel elke dag my seëninge ...
Een vir een!
Want ek weet ...
Wat ek het, is net vir my geleen!

Heer, soms kan my lewenstorms ook maar woes slaan ...
Maar steeds laat U my huisie vasstaan!

Heer, U beskerm my en ...
my familie al ons hele lewe lank!
En soms weet mens nie ...
Hoe om U te bedank nie!

Heer, my geld is min ...
My huis is klein ...
Maar dit is so asof daar meer ...
Sonlig in my huis skyn!

Heer, ek kyk vas in glimlaggies ...
En kry drukkies elke dag!
My God ...
Ek kan dit weer teruggee!
Want U is my krag!

Heer, soms laat die lewe my ook ...
Opdraende loop!
Ek het geleer waar daar lewe is ...
Is daar hoop!

Heer, ek het leer swem toe ...
Die lewensbranders op hul woeste geslaan het!
Toe ek struikel en afdwaal ...
Was U die een wat verstaan het!

Heer, U het hartseer ...
Pyn en ook soms ...
Twyfel op my pad gebring!
U het weer 'n melodie in my lewe gegee toe ...
My hart nie meer die lied van die lewe wou sing nie!
U het soveel keer my uit die donker dieptes van die lewe kom haal ...
Juis wanneer ek dink als het my gefaal!

Heer, U het my totaal verstom ...
Toe ek heel by die wenpaal anderkant uitkom!
Daarom buig ek vandag my kniëe in gebed en sê:
Dankie, Heer ...
Vir dit wat ek het!

[Dankie, Anoniem]

Sunday, 18 February 2024

... maar nie jy nie

Jim Rhon het gesê: “Laat ander klein lewens leef, maar nie jy nie.
Laat ander oor klein goedjies stry, maar nie jy nie.
Laat ander hulle toekoms in iemand anders se hande plaas, maar nie jy nie.”

Dit gaan meer as ooit nodig wees, om die Lig wat die Woord ons gee, te gebruik op die pad wat effe duister voor ons uitstrek. “The presence of the problem doesn’t mean the absence of God.”

Friday, 19 January 2024

Gedig: Kruispad

[Opgedra aan die 2023-matrieks wat nie tevrede met hulle uitslae is nie.]

Eendag het ek by 'n kruispad gestaan ...
my oë het na alle rigtings gegaan ...
oral het skerwe van my lewe gelê ...
Ai, Vader, dit was nie wat ek vir myself wou hê ...
soos n spieël het my lewe afgespeel ...
elke hoofstuk so deel vir deel ...
ek het gebuk en 'n skerf opgetel ...
'n Stukkie van my lewe - my grootste hel ...
Ek het dit neer gegooi verder geloop ...
toe tel ek 'n skerf op en ek kry weer hoop ...
die storie het helder voor my afgespeel ...
die mooiste herinnering was in daai deel ...
ek het geloop en gesoek, waar God dan is ...
Ek wou sê daar is iets wat ek mis ...
waar Hy is as ek hom so nodig het ...
Dis toe dat ek neerval in gebed ...
"God, my pad is duister ek ken geen hoop ...
wys my die pad wat ek moet loop ...
Heer, soos U sien lê my lewe in stukke voor my ...
ek kan glad nie meer die regte rigting kry ...
ek het hopeloos verdwaal ...
Vader God, kan U my weer kom haal ...
Vader, vir so lank was ek te besig om tyd aan U af te staan ...
en nou het ek nêrens om heen te gaan ..."
Skielik hoor ek die mooiste stem en die helderste lig wat my verblind ...
dis God - Hy sê:
"Gee my jou hand en staan op my kind!"
Dankie Heer, U het my nie gelos nie
Amen!

-JJ Jacobs-

[Is daar 'n leser wat vir ons 'n skakel na die digter se werk kan gee - sodat daar erkenning aan hom/haar gegee kan word?]

Tuesday, 6 July 2021

Hoop

 


Tuesday, 19 December 2017

Saturday, 6 August 2016