Showing posts with label Kolessense. Show all posts
Showing posts with label Kolessense. Show all posts

Sunday, 14 June 2026

Mossiestilte: Kol. 1:26-27

naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,
aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van sy heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.

God se wil is onweerstaanbaar. Hy kon nie wag om by jou in te trek nie. Nog 'n betekenis is; dit is so aantreklik gewees vir God, om by sy mense in te trek en onder hulle te kom woon.
Die NKJV noem dit "Christ in us the hope of glory."
Dit was weggesteek vir die heidene dat Christus se grootste onweerstaanbare begeerte was, om onder ons te wil kom woon.
Nou is dit aan almal geopenbaar wat God se wil was en is, om onder/in sy heiliges te kan woon en met sy nuwe hoop te kom vul.

Dankie Vader, vir hierdie openbaarmaking wat die rykdom van die heerlikheid in my is. Dit is die volmaaktheid in Christus Jesus waarmee U ons vul. Ek is gevul met die Heilige Gees. Ek is ten volle genees; My hart loop oor van blydskap en u liefde, vrede en oorwinning besit nou my hart. Amen!

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 7 June 2026

Mossiestilte: Kol. 3:1-14

Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

Gesterwe? Ja, teenoor die wêreld en begeertes van die wêreld; teenoor die vleeslike begeertes wat ons verlei van die liefde van die ewige God en Vader.
Soek nou die dinge wat daar bo is, waar Jesus aan die regterhand van God is. God hou jou nou in sy beskermde hand en niemand kan jou uit sy hand neem nie; Hy verberg jou teen die vyand van dood en verwoesting.

Dankie, Jesus, vir U vrede wat U in my hart gesit het. Die Heilige Gees in my, bring vrug; ek is gevul met u vrede. Ek sal nou saam met Jesus in heerlikheid openbaar word (vers 4). Ek beklee my as uitverkorene met God om myself los te maak van sondes, deur Jesus Christus en bo alles, myself met u liefde te beklee wat die band van volmaaktheid is (vers 14). Ek is dankbaar vir U Eoord in my, die swaard, om genesing en verlossing te bring in die kragtige Naam van Jesus. Amen.

Sunday, 11 January 2026

Mossiestilte: Kol. 3:16

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Die Here wil jou sy wysheid gee. Stel jouself oop vir sy woord om ryklik in jou te woon.
Lees gereeld God se woord en eet so die brood van die ewige lewe en word vervul met die goedheid van God, terwyl jy dit deel met ander.
Besing die lof van God en vereer en dank Hom, met geestelike liedere en met sy Psalms en leer ander in die wysheid van God.

Christus, U gee my u wysheid sonder vooroordeel. Laat ek dié verdra wat nie in Christus belangstel nie en vir hulle bid. Laat ek ander vergewe soos Christus my vergewe het. Laat die vrede van God my lewe ryklik verlig; en ek onthou waartoe ek geroep is, om in een liggaam te groei waarvan Christus die hoof is. Ek is elke dag dankbaar, en is 'n ligdraer vir my broeders in Christus en die wat buite is. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]