Showing posts with label Soli Deo Gloria. Show all posts
Showing posts with label Soli Deo Gloria. Show all posts

Sunday, 1 June 2025

Basaar 2025: 'n GROOT DANKIE uit die hart!

Basaar 2025 is iets van die verlede. 'n Uit-die-hart-Dutoitspan-dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Vrydag en Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het.

Ons waardeer julle.
Soli Deo Gloria!!

Sunday, 25 August 2024

Soli Deo Gloria!

Ds Ray Goddess is sharing God's Word this morning at NG Dutoitspan, Kimberley. After the service there will be time for prayer for healing. Soli Deo Gloria!!!

Photos: Ds. Ensie Enslin

Monday, 6 May 2024

Basaar 2024: 'n GROOT DANKIE uit die hart!

'n Dankie klink so min, maar dit kom diep uit die hart. Dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het. 

Die gewillige hande wat Vrydag al die tente opgeslaan het en die tafels reggeskuif, het nie ongesiens verby gegaan nie. En hierdie selfde vlytige werkers het Saterdagmiddag die terrein opgeruim en reggemaak en mooi gemaak. Ons waardeer dit baie.

Ons is só dankbaar dat 2024 se basaar tot op hede 2023 s'n oortref. Die finale bedrag sal eers later beskikbaar wees.  
Klik HIER vir 2024-foto's.

Sunday, 30 July 2023

Basaar 2023: 'n DANKIE uit die hart!

Dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het. Ons waardeer dit baie. 
Klik HIER vir foto's.

Saturday, 16 April 2022

Sondag: Sonsopkomsdiensby Rooifontein

Kom woon hierdie besondere diens by waar die week se verrigtinge afgesluit word, en waar ons lewe herdenk.

Wat sê ons Sondag vir mekaar ?

Ons sê dat die wonderwerk van Paasfees is nie net dat ons na ons dood opnuut sal lewe nie, maar dat ons deur die onbeskryflike groot krag van Jesus se opstanding nou reeds volkome nuut kan lewe.

En daarom kan elkeen van ons hierdie wêreld help vernuwe - ons het 'n verantwoordelikheid!!

Kom ons vier die nuwe lewe saam met Jesus in hierdie gebroke wêreld.

Soli Deo Gloria!!!

Tuesday, 12 April 2022

Die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag!

Bid asb. vir ons & saam met ons vir die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag!
 
Ons het 'n paar jaar gelede 'n "One Body/Een Liggaam"-groep van predikante & pastore oor denominasionele kerkgrense heen, in Kimberley begin. 

Hierdie is een van ons jaarlikse gesamentlike projekte. Nog ander is Pinkster (waar die AGS-pastore ook deelneem), asook die 1ste Sondagaand in Desember elke jaar wanneer ons die "Kersfees by Kerslig/Carols by Candlelight" gesamentlik aanbied. (Verlede jaar moes ons 2 sessies aanbied met 'n totaal van +-500!!!)
 
Soli Deo Gloria!!!

Friday, 8 April 2022

Die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag