Tuesday 12 April 2022

Die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag!


Bid asb. vir ons & saam met ons vir die Heilige Week se aanloop na Goeie Vrydag!
 
Ons het 'n paar jaar gelede 'n "One Body/Een Liggaam"-groep van predikante & pastore oor denominasionele kerkgrense heen, in Kimberley begin. 

Hierdie is een van ons jaarlikse gesamentlike projekte. Nog ander is Pinkster (waar die AGS-pastore ook deelneem), asook die 1ste Sondagaand in Desember elke jaar wanneer ons die "Kersfees by Kerslig/Carols by Candlelight" gesamentlik aanbied. (Verlede jaar moes ons 2 sessies aanbied met 'n totaal van +-500!!!)
 
Soli Deo Gloria!!!