Saturday 2 April 2022

In ligter luim: 'n Man met 'n plan



Met alles wat gereël moet word om die feesvieringe glad te laat verloop, moet jy soms onverwyld van punt A na punt B of selfs E verskuif. En reëls bly reëls. Valhelm is verpligtend ... Op die foto's kan duidelik gesien word dat die twee haastige manne nog steeds gehoor gee aan reëls - selfs gemasker, al is hulle in die buitelug. Aan stuur van sake is Neels Loots en die agterryer, wat eers 'n draai in die kerkkombuis gaan maak het, is ds. Ensie.

Foto's: Elsa Minne