Friday 1 April 2022

150 genadejare: Drie dapper manne sorg vir 'n nuwe baadjie ...

 


Danksy 'n ruim skenking van verf deur plaaslike ondernemings, is die kerkgebou amper gereed vir die groot feesvieringe. Om die kerk skoon te maak en te verf, is geen geringe of goedkoop taak nie. Daarom loop Dutoitspan se dankbaarheidsbeker oor vir hierdie skenking en baie ander wat die 150-jarige viering moontlik maak. David (die man in die middel, het geen bang haar op sy kop nie en hang soos 'n wafferse vlermuis onderstebo om by al die ongemaklike plekke by te kom. Aan hierdie drie wyse verwers 'n ekstra woord van dank.

Verfborge:  

* Vermeulens

* Jet West

* Bakgat

* Kimberley Wardrobes