Showing posts with label Woorde. Show all posts
Showing posts with label Woorde. Show all posts

Tuesday, 1 September 2026

Mandjie Hoop: TEL op jou kop, sê die HERE

Tel op jou KOP en KYK die wêreld vierkantig in die OË. 
Daar is nie ‘n manier dat jy ooit hoef SKAAM te wees of weg te KRUIP nie. 
Nie ‘n manier om MINDERWAARDIG of afgeskeep te voel nie. 
Lig op jou kop. 
EK het jou beklee met GODDELIKE EER en WAARDIGHEID, sê die HERE. 
Jy het nie enige mens se goedkeuring of kompliment nodig om jou SPESIAAL te laat voel nie. 
Jy is SPESIAAL omdat die ALLERHOOGSTE GOD so sê. 
Hy het jou GEMAAK en Hy weet PRESIES hoe KOSBAAR en SPESIAAL Hy jou GESKAPE het. 
Hy beskou elke mens as Sy meesterlike KUNSWERK. 
Daarom is jy ‘n TOONBEELD en REFLEKSIE van jou WONDERLIKE VADER. 
Jy is na SY BEELD geskape en Hy is baie TROTS op Sy kosbare KIND. 
Dankie JESUS. Amen

Tuesday, 25 August 2026

Mandjie Hoop: Die Here weet ...

Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens
Verpletterende omstandighede en situasies ...
Weet die Here hoe hard jy probeer het.

Wanneer jy so lank trane gestort het
En jou hart is beklemd ...
Het die Here jou trane getel.

As jy voel jou lewe is doelloos
En die tyd het jou agtergelaat.
Was die Here saam met jou.

Wanneer jy eensaam voel en jou vriende
Te besig is om te bel of nie verstaan nie ...
Wag die Here saam met jou.

Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles
Probeer het en nie meer raad weet nie ...
Hy het die oplossing.

Wanneer niks sin maak nie en jy seer,
Verwar of gefrustreerd voel ...
Het die Here die antwoord.

As jou blik op die lewe verhelder
En jy tekens van hoop in die lewe vind ...
Het die Here vir jou gefluister.

Wanneer alles klopdisselboom gaan
En jy volop stof tot dank het ...
Het die Here jou geseën.

Wanneer iets verstommends gebeur
En jy daardie spesiale iemand vind ...
Het die Here se glimlag op jou gerus.

As jy 'n droom het om te volg
En ook 'n werklikheid om uit te lewe.
Het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.

Onthou net, waar jy ook al is,
en wat jy ook al in die gesig staar ...
DIE HERE WEET!

Tuesday, 18 August 2026

Mandjie Hoop: Die WOORD sê dat GOD getrou is

GOD is nie getrou aan die mens se eie planne, begeertes of verkeerde verwagtings of verdraaide sienings van die Bybel nie.

- GOD IS GETROU AAN HOMSELF.
- GOD IS GETROU AAN SY WOORD.
- GOD IS GETROU AAN SY WAARHEID.
- GOD IS GETROU AAN SY HEILIGHEID.
- GOD IS GETROU AAN SY GEREGTIG-
   HEID.
- GOD IS GETROU AAN SY VERBONDE.

Die vraag was nooit of GOD getrou sou wees nie.

Dieselfde vraag staan vandag voor elke mens.
Vertrou jy die HERE JESUS CHRISTUS?
Vertrou jy SY WOORD?
Vertrou jy SY Beloftes soos Dit Werklik geskryf staan?
Vertrou jy DIE HERE JESUS CHRISTUS, DIE WAARHEID EN DIE WOORD genoeg om HOM te gehoorsaam?

[Aangestuur]

Tuesday, 14 July 2026

Mandjie Hoop: Die belangrikste woorde ...

Die ses belangrikste woorde:
'Ek waardeer wat jy gedoen het.'
Die vyf belangrikste woorde:
'Ek het 'n fout gemaak.'
Die vier belangrikste woorde:
'Hoe voel jy daaroor?'
Die drie belangrikste woorde:
'Sal jy asseblief?'
Die twee belangrikste woorde:
'Baie dankie.'
Die belangrikste woord:
'Ons'
Die onbelangrikste woord:
'EK!'

Sunday, 21 June 2026

Vadersdag: Dankie, Pa!

My pa het my geleer kruip, maar gesê: "As jy groot is moet jy wérk vir dit wat jy wil hê, en nié kruip nie."

My pa het my geleer dat nie almal in die lewe Liewe Heksie of Liewe Lulu is nie, en dat Blommeland ook kaktusse huisves.

My pa het my geleer om my geld én my woorde te tel.

My pa het my geleer van noord, suid, oos en wes, maar dat ek self die rigting van my lewe moet bepaal.

My pa het my geleer dat die kortste pad na ‘n man se hart deur sy remote control loop, met SuperSport, MNet en DSTV as die hoofdis.

My pa het my geleer dat Bostik enige iets kan fix - van ‘n stukkende ketel tot ‘n stukkende hart.

My pa het my geleer dat grid, grout en great nie noodwendig dieselfde ding is nie.

My pa het my geleer om nie altyd my boetie te blameer as net die helfte van die maan in die lug hang en ek sê hy het dit gebreek nie.

My pa het my geleer dat drome méér is as net prentjies in ‘n mens se kop.

My pa het my geleer daar is altyd drie kante aan ‘n storie: My kant, jou kant en die regte kant.

My pa het my geleer die getrouste en goedkoopste troeteldier is ‘n spaarvarkie.

My pa het my geleer die mooiste vrou in die wêreld is my ma.

[Dankie, Marthie van der Merwe - 

Monday, 29 July 2024

Min woorde stuur ek aan jou ...

Ek lees vandag iets raak van @Susan Coetzer wat ek nie anders kan as om te deel nie, omdat ons in ons huwelike en verhoudings mekaar kan afbreek of opbou met ons woorde. Dít wat sy skryf is lewensveranderend as jy dit kan bemeester!!!!

Sy skryf: "Ek het besluit om 'n bietjie te vas. NEE nie van kos nie - veels te honger en dan nie genoeg energie vir draf of optredes nie. Ek vas van WOORDE. Ek hou hulle in my gedagtes en bekyk hulle - het hulle NUT of is dit sommer net geluide - soos die geblaf van honde en karre wat jaag.

Ons praat so maklik en so baie ... NONSENS. Tot 'n mens besef HOEVEEL krag daar in die gesproke woorde is. Die Hele Skepping is met WOORDE geskep.

God het gesê: Laat daar LIG wees, met WOORDE. En toe was daar was LIG.

Wat sê jy met JOU WOORDE? 

Oor die land: Die land is in sy maai. Die land is korrup. Bankrot. 'n Nare plek om in te woon met nare mense.

Oor mense: Jou vark? Jy is treurig. Jou dom onnosele &*%#. Jy maak my siek!

En oor jouself: Ek kan nie. Ek is moeg. Ek is siek. Ek is sat. Ek is af. Ek is depressief. Ek glo nie meer nie. Ek is vet. Ek is lelik. Ek is sonder talent. Ek is bang ... Ek is kragteloos. Hopeloos.

OPPAS wat jy sê. As die meeste woorde wat by jou mond uitkom, negatief en onopbouend is, het dit 'n negatiewe effek. Op jou en almal wat jou aanhoor.

Is dit tyd dat jy VAS saam met my.

Geen mens kan die tong self tem nie - jy moet saam met die Here klas loop om te leer SNOEI aan die onkruide in jou woordeskat - om meer en meer woorde van LEWE te spreek in plaas van dood. Oor die land, oor die mense wat jou irriteer, oor jouself - as jy papgeslaan voel.

LIG jouself en ander met jou woorde.

Woorde is nie net lettertjies nie. Dis gelaai met KRAG. Krag om op te bou en krag om te vernietig.

Daarom is 'n goeie vas baie gesond. Vas so 'n bietjie van onnodige woorde: Vra die Here om jou te wys waar jy woorde tot jouself en ander se leed inspan. 

Skinder jy maklik? Is jy lief om slegte nuus aan te dra. Onmin tussen mense te saai? Kla jy gereeld - sommer as 'n gewoonte. Vloek jy of seën jy?

Kom ons vas so 'n bietjie vanaand - deurdink ons baie woorde in God se Stilte. Rol hulle in jou kieste rond. Proe hulle in jou gedagtes. VOEL die uitwerking van die woorde wat jy wil sê - spreek dit van LIG of van donker.

Bekyk jou gedagtes. Dis die enjin wat jou woorde aanvuur. Die Woord sê duidelik, dit wat in jou gedagtes (jou hart) omgaan bepaal jou hele toekoms. En ander s'n ...

Sit vandag so 'n oomblik daai handrem op al die nonsens praat. Al die twak. Al die leuens. Die woede. Die geskinder. Die suur woorde. Die snydende woorde. Die wrede woorde. Die woorde wat jou (en ander) afbreek en beperk.

Kom ons krul die tonge terug soos biltong en sit 'n slot om die punt.

Druk die oer krokodilbrein TERUG in sy kas. DINK en besin voor ons praat. Vra jouself: Is dit opbouend om die woorde te gebruik? Is dit goed. Is dit nodig? Want woorde is almal vuurhoutjies - dit kan groot vure aansteek. 'n Vuur van lewe of  'n vuur van dood. En dis moeilik om daai vure dood te slaan. Veral die vuur wat skroei. Nie eers die brandweer se hose pipe is lank genoeg nie.

LIEFDE en min woorde stuur ek aan jou.

[Bron: Loka - dankie Rosetta vir die aanstuur.]

Thursday, 31 October 2019

Tuesday, 23 April 2019

Friday, 22 December 2017