Showing posts with label Ewigheidswaarde. Show all posts
Showing posts with label Ewigheidswaarde. Show all posts

Tuesday, 7 July 2026

Koop die tyd uit ...

Hoe ouer mens word, hoe meer en meer besef jy dat 'n R70-horlosie presies dieselfde tyd aangee as 'n R7000 een.
 
Of jy nou 'n R70- beursie het of 'n R700-beursie, die bedrag binne in die beursie se waarde bly dieselfde.
 
Of jou huis sewentig vierkante meter is of sewehonderd vierkante meter, die eensaamheid en hartseer of vrede en geluk binne die huis bly dieselfde.
 
Hopelik sal ons almal eendag besef dat innerlike vreugde en vrede nie van fisiese besittings of rykdom afhang nie.
 
Of jy nou eerste klas of ekonomiese klas in 'n vliegtuig reis, as die vliegtuig val, val jy saam!

Daarom moet ons verstaan dat as ons ware vriende het, boeties en sussies saam met wie jy kan lag en huil en sing en bid en gesels oor alles en nog wat, dat dít eintlik WARE rykdom is ...
 
Geniet die mense rondom jou wat God oor jou pad gebring het, want hul waarde is onmeetbaar.
 
Vertel vir hulle hoe kosbaar hulle vir jou is en hoe belangrik hulle voetspore in jou lewe is.
 
Wees ook dankbaar vir diegene wat jou wieletjies pap maak en jou geduld beproef, want jy leer waardevolle lewenslesse deur hulle.
 
Vergewe en maak reg terwyl daar nog tyd is.
 
Wees dankbaar dat jy 'n gesin en vriende en familie het.
 
Hulle is net vir jou geleen, en eendag gaan jy hul werklike waarde besef as jy hulle leë stoel of plekkie raaksien ...
 
Besef vandag opnuut dat sonder God in jou lewe, alles eintlik 'n sinnelose gejaag na wind is.
 
Ons hou ons besig met soveel dinge wat geen ewigheidswaarde het nie, terwyl ons eintlik moet voorberei vir 'n ewigheidslewe saam in die hemel.
 
So kom ons koop die tyd uit, want tyd is die een ding wat ons nooit weer terug kan kry as dit eers verby is nie.

Tuesday, 25 November 2025

Mandjie Hoop: Tydelik vs Ewig

Skryf al jou drome en 
omstandighede in potlood ...
want dit is tydelik ...
Skryf die HERE se genade
en liefde in ink
Want dit is vir Ewig!

Wednesday, 16 August 2023

'n Kleinmensie-kyk

Dis net altyd die grootmense wat oor waardes en die belangrikheid van die gesin gesels. kom ons hoor vir 'n verandering wat 'n kind sou of wou sê:

Mamma, Pappa, moenie sê ek is ...
  • 'n Kampioen - want dan moet ek altyd wen
  • 'n Wenner - want dan is daar altyd 'n verloorder
  • 'n Koning - want dan beteken dit ander is my onderdane
  • 'n Stouterd - want hoe anders kan ek julle aandag kry 
Mamma, Pappa sê liewers ek is ...
  • 'n Koningskind - want dan ken ek Jesus
  • 'n Kosbaarheid - want dan weet ek julle is lief vir my
  • 'n Staatmaker - want dan weet ek, ek doen my bes
  • 'n Klitsie -want dan weet ek julle geniet my grappe
Mamma, Pappa sê liewers ...
  • Julle is lief vir mekaar
  • Julle is lief vir ons - ek, kleinboet en kleinsus
  • Julle sal net so hard werk om ons gesin gelukkig te hou as vir die baas op kantoor
  • Julle sal altyd bly praat oor alles wat saak maak
Voorspoed, sukses, roem, 'n loopbaan of rykdom is kleingeld vir 'n kind. Dis gesinsgeluk, geloof wat tel, wat rente in Ewigheidswaarde vir hom of haar omsit.

Kom ons grootmense probeer dit onthou.