Showing posts with label Dankfees. Show all posts
Showing posts with label Dankfees. Show all posts

Tuesday, 26 May 2026

Basaar: Gee bestanddele in by kerkkantoor


'n GROOT Dutoitspan-DANKIE aan elkeen wat
bestanddele bygedra het. 
Ons begin hierdie DANKFEES met 'n
regmerkie langs elke bestanddeel op die lys! 

Tuesday, 19 May 2026

Dankfees: Dankie vir elkeen se mildelike bydraes

Enkele bestanddele is nog uitstaande: 
Olie, kondensmelk, vars melk, blik vrugte, 
kersies (cherries), room (Orley whip), kitspoeding

Friday, 15 May 2026

Dankfees: Jou hulp sal hoog op prys gestel word


Eiers, olie, suiker, koekmeel, kondensmelk
Margarien, melk, bevrore groente, tee, koffie, sout,
Maalvleis, blik vrugte, kersies (cherries), room (Orley whip)

Sunday, 3 May 2026

Jou hulp sal hoog op prys gestel word


KINDERTAFEL
Ons benodig speelgoed en lekkers. As jy kan help, bring gerus hierdie welkome bydrae na die kerkkantoor.
 

GEBAK
Baie basaarondersteuners het 'n swak plek vir gebak (groot koeke, terte, kleinkoekies en beskuit). Indien jy kan help, kontak asb. dringend die kantoor.  Telnr. 053 842 1100

Afkondiging: Dankfeesvergadering

Tuesday, 10 March 2026

Uitnodiging: Kom ontspan heerlik by die kuierbasaar

Dutoitspan se basaar is ’n vaste item op die kerkkalender. Dis meer as net ’n fondsinsamelingspoging, dis ook ’n kans vir die gemeenskap om saam te kom.

Daarom is dit belangrik dat ons die woord versprei en klomp voete sal uitnooi! 
Kom geniet 'n heerlike kuier saam met ons. Daar is hope pret vir oud en jonk, baie lag, tafels wat kreun, lekker kos, musiek en goeie geselskap!

Plek: NG Kerk Dutoitspan
Datum: 31 Mei 2026
Tyd: 09:00 
Wat bied 'n kuierbasaar?
* Smullekker kosstalletjies - die lekkerste jaffels suid van die ewenaar!
* Tuisgebak & soetgoed!
* Springkasteel vir die kinders!
* Handgemaakte items! 
* Koffie, tee en koeldrank!
* Braaivleisvure en -reuke wat tot alle sintuie spreek! 

๐Ÿ’š Bring jou familie, bure, vriende en kollegas saam!!
๐Ÿ’š Almal is sรณ welkom! 
๐Ÿ’š Kom geniet ’n gesellige dag saam met die gemeente.
๐Ÿ’š Nooi iemand spesifieks saam met jou en trakteer 
daardie een op 'n outydse basaarpoeding of 'n pannekoek 
waarvan die kaneelsuiker onder jou tande kraak! 
๐Ÿ’š Sien JOU daar!


VOLGENDE BASAARVERGADERING: 
WO: 25 MAART 18:30

Friday, 6 June 2025

Terugblik: Agter die opruimingsgordyn

Vandag se terugflits gaan nie jare terug in die geskiedenis nie, maar slegs 'n week terug. Alles wat met soveel sorg en beplanning vir die basaar uitgepak is, moet natuurlik opgeruim en weggepak word en dit gebeur gewoonlik so stil-stil met slegs 'n handjievol mense wat help.

Aan hierdie stille werkers agter die opruimingsgordyn,
'n opregte hartsdankie!! 

Post-basaaraankope = werk

Terugskouend was Saterdag 'n heerlike kuierdag. Dit was ’n fees van vreugde, samesyn en dankbaarheid! Ons harte is propvol van waardering teenoor elkeen wat die dag 'n sukses gemaak het en vir dit wat tot op hede geรฏn is. 

So 'n terloopse gedagte ... Die basaargoed wat NA Saterdag verkoop is, spel en voorspel eintlik WERK vir die koper - dis natuurlik die siening van mense wat nie van die kombuis hou nie - hierdie mense koop alles klaar gaar, klaar verpak en klaar gereed vir eet by 'n basaar!

Foto's is ter stawing van die opskrif.

Die foto van die bottel met pannekoekdeeg (saam met Ben en Carina Badenhorst) beteken dat die deeg na pannekoek getransformeer moet word = werk. Carina sien dit egter nie so nie. Sy het lankal die terapeutiese waarde in 'n kombuis besef en dat die skeppingproses energie afgee. (Onthou om volgende keer vir ons foto's van die eindresultaat te neem en te stuur.)

Nog 'n foto van 'n post-basaaraankope is die foto van 'n yslike makataan en 4-liter pannekoekdeeg wat die koper dwing om 'n hele paar uur in die kombuis deur te bring.

Kitty Nathanson het egter opgewonde vir Coen en Annatjie vertel dat sy heel makataanstukke gaan kook, terwyl die ander hulle makataan in konfyt gaan omskep. (Klik HIER vir 'n resep of twee.)

Die omstanders wat geluister het, kon in die gesprekke hoor dat om bestanddele in produkte te omskep, 'n passie is wat ontspannend inwerk op die persoon agter die pan en pot. Die proses om met jou hande te skep, word skielik in ons moderne era van tegnologie herontdek. En die passie van skep, kon in hulle almal wat op die stoep by die koffiekan gestaan en gesels het, se oรซ gesien word.

En dit is hier waar die sukses van 'n basaar lรช ... in die skeppers en die bakkers, maar ook in die kopers.

Dankie vir elkeen se bydrae!

Sunday, 1 June 2025

Basaar 2025: 'n GROOT DANKIE uit die hart!


Basaar 2025 is iets van die verlede. 'n Uit-die-hart-Dutoitspan-dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat sรณ hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Vrydag en Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het.

Ons waardeer julle.
Soli Deo Gloria!!

Basaar 2025


Foto's praat baie harder as woorde. Murphy het egter 'n hand in 2025 se basaarfoto's gehad en 'n hele klompie mooi foto's het tussen die kamera en rekenaar verdwyn.

As enige een foto's geneem het, stuur dit asb. na die e-posadres aan die linkerkant of na Elsa by die kerkkantoor.

Friday, 30 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 'n dag - bring jou vriende saam!!


Moenie Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval mis nie!
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Wednesday, 28 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 3 dae - sien jou daar!!


Moenie Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval mis nie!
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Monday, 26 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 5 dae - sien jou daar!!


Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval is om die draai.
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00