Tuesday, 10 March 2026

Uitnodiging: Kom ontspan heerlik by die kuierbasaar

Dutoitspan se basaar is ’n vaste item op die kerkkalender. Dis meer as net ’n fondsinsamelingspoging, dis ook ’n kans vir die gemeenskap om saam te kom.

Daarom is dit belangrik dat ons die woord versprei en klomp voete sal uitnooi! 
Kom geniet 'n heerlike kuier saam met ons. Daar is hope pret vir oud en jonk, baie lag, tafels wat kreun, lekker kos, musiek en goeie geselskap!

Plek: NG Kerk Dutoitspan
Datum: 31 Mei 2026
Tyd: 09:00 
Wat bied 'n kuierbasaar?
* Smullekker kosstalletjies - die lekkerste jaffels suid van die ewenaar!
* Tuisgebak & soetgoed!
* Springkasteel vir die kinders!
* Handgemaakte items! 
* Koffie, tee en koeldrank!
* Braaivleisvure en -reuke wat tot alle sintuie spreek! 

💚 Bring jou familie, bure, vriende en kollegas saam!!
💚 Almal is só welkom! 
💚 Kom geniet ’n gesellige dag saam met die gemeente.
💚 Nooi iemand spesifieks saam met jou en trakteer 
daardie een op 'n outydse basaarpoeding of 'n pannekoek 
waarvan die kaneelsuiker onder jou tande kraak! 
💚 Sien JOU daar!


VOLGENDE BASAARVERGADERING: 
WO: 25 MAART 18:30