Tuesday, 3 March 2026

Mandjie Hoop: Wees stil en weet: Ek is die Heer.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek spreek, en wind en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Kom bring na My jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou 'n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.

[Lied 519]

* Stilte is een van die beste maniere om gemotiveerd te raak as dinge nie lekker is nie.
* Stil tye saam met God laat die onmoontlike meer moontlik lyk.
* Jou bekommernis, depressie, beswaardheid, bitterheid en negatiewe gevoelens voel ligter as jy vir 10
   minute net stil sit in die teenwoordigheid van die Here.
* God sal jou vul met sy kalmte, vrede en rustigheid.
* Hy sal jou gedagtes lei na probleemoplossing.