Wednesday, 18 March 2026

Mossiestilte: Mal. 4:2

Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.


Vir jou wat in die Allerheiligste God glo, is hierdie vers van uitsonderlike belang.
Jy sal mag hê om die goddelose te vertrap, die Here van die leërskare sê dit.
Te midde van 'n tyd dat mense nie meer in God sal wil glo nie, sal jy teruggebring word na jou kinders en jou vader.
Jou naam sal opgeskryf wees in die gedenkboek voor die aangesig van die Here. (Mal. 3:16)

Here, ek bid vir elkeen wat in U glo, dat hulle harte nou versterk word in u Woord. Ek bid dat hulle die vuur van die Heilige Gees in hulle sal ervaar. Ek bid dat hulle met die waarheid gevul sal word en dat hulle vry sal wees in die Naam van Jesus Christus. Ek bid vir hulle genesing en dat hulle geloof versterk sal word in U. Ek bid dat hulle vreugde groot sal wees en dat die son van geregtigheid hulle lewens sal vul. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]