Fred Schnetler van Die Volksblad in Bloemfontein het, met die nodige apologie aan C Louis Leipoldt, die volgende ingestuur vir Finansies & Tegniek, 29 Maart 1996.
Ek sing van die magtige dollar,
Ek sing van die Switserse frank.
Van die jen en die mark en pond sterling
Wat rente trek in my bank.
Ek sing selfs van Spaanse paseta's,
En drachmas van ou Griekeland.
Van lire, escodo's en krone ...
Maar nooit van ons krimpende rand!