Showing posts with label Prediker. Show all posts
Showing posts with label Prediker. Show all posts

Sunday, 12 October 2025

Verlowing: Adriaan en Jade


Baie geluk met julle verlowing. 
Ons wens vir julle 'n leeftyd van geluk, 
onvergeetlike herinneringe,
baie liefde en baie seën toe.

Tuesday, 7 October 2025

Mandjie Hoop: Jou ou seisoen sal tot 'n einde kom ...

"Daar is ’n vaste tyd ('n nuwe seisoen) vir alles, elke ding onder die son het sy tyd:" (Pred. 3:1 NLV)
• As daar iets is wat ons as mens voortdurend mee sukkel, is dit om geduldig op die Here te wag vir sy perfekte tyd. Ons moet leer om lankmoedigheid toe te pas.
• Vir Dawid was sy seisoen as skaapwagter klaar, want die Here het koningskap vir hom beplan.
• Vir Rut wat in die velde gewerk het, is haar seisoen verander sodat sy die eienaar van daardie velde geword het.
• Die een seisoen het Job alles verloor en die volgende seisoen gee die Here dubbel aan hom wat hy verloor het.

Liewe leser, hou vas aan die Here en moenie moed te verloor nie. Jou seisoen sal ook tot ‘n einde kom.
Die Here maak gereed om jou te seën bo alle verwagtinge wat voorlê, daar is ‘n nuwe seisoen vir jou lewe.

Gebed: Here, vergewe my vir die tye wat ek mismoedig raak en nie geduldig wil wag op U tyd nie. Lei my om geduldig te wag op my nuwe seisoen met lankmoedigheid. Amen

Sunday, 30 March 2025

Mossiestilte: Pred. 3:11

Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind. 

God het die wêreld op sy tyd geskape en daarmee tesame ook vir jou.
God het jou nie soos 'n masjien geskape nie, maar met 'n eie wil, dit is met begeertes en ambisie van jou eie.
Die woord "wêreld" kon hier vertaal word "ewigheid". "The Expositor's Bible" van Jimmy Swaggart, King James Version, 2013 .
God het ook ons verstand beperk om nie alles te verstaan wat Hy gedoen het nie, maar slegs op Hom te vertrou.

Here, vanoggend is ek gefokus op U. U is my krag, sterkte, verstand en wysheid. Op U vertrou ek, want ek verstaan nie, maar ek vertrou u wil, al is dit vir my onverklaarbaar. Vanoggend loof ek U weereens vir u genade wat U aan my bewys het; U het oor my gewaak deur die nag en my wakker gemaak, om my doel te gaan bereik in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]