Showing posts with label Waardering. Show all posts
Showing posts with label Waardering. Show all posts

Tuesday, 25 March 2025

Mandjie Hoop:

Waardeer jou lewe,
Waardeer jou gesondheid,
Waardeer jou geliefdes,
Waardeer jou vriende,
want al hierdie dinge wat
geld nie kan koop nie,
wys jou waar jou ware
rykdom is.
[Dankie,Ena]  

Wednesday, 4 September 2024

Nasionale Sekretaressedag


Vandag sê ons regtig baie dankie vir die admin-personeel wat sorg dat die dinge in die kantoor vlot verloop. Dankie vir die raakvat-doelgerigte-kan-dit-doen-benadering. Groot waardering vir die daaglikse volgehoue goeie werk!

Sunday, 16 June 2024

'n Liefdevolle vader was dryfveer agter dié dag

Vadersdag, wat jaarliks op die derde Sondag in Junie gevier word, is die breinkind van 'n dogter wat deur haar pa grootgemaak is. 

Vadersdag is die eerste keer op 19 Junie 1910 amptelik in Amerika gevier. Die moeder van die dag was mev. Sonara Smart Dodd van Spokane, 'n stad in die ooste van die staat Washington. Sy het op die gedagte gekom toe sy in 1909 na 'n Moedersdagerediens geluister het.

Haar pa, Henry Jackson Steward het haar grootgemaak na haar ma se dood. In haar oë was haar pa die liefdevolste en onselfsugtigste ouer wat sy kon hoop om te hê. Hy het die veeleisende taak van ouerskap met vreugde verrig en geen moeite is ontsien om Dodd se kinderdae regtig spesiaal te maak nie.

Die idee van 'n Vadersdag het vorm aangeneem omdat Dodd graag vir haar pa wou laat besef hoe spesiaal hy vir haar was en hoe sy al sy moeite waardeer. Omdat haar pa in Junie verjaar het, het sy dié maand vir Vadersdag gekies. Sy het die kerkmense van die stad oorreed dat Vadersdag met kerkdienste gevier moes word. Dit was 37 jaar nadat die idee van Moedersdag (wat toe reeds jare lank in kerke in Europa en Asië gevier is) in 1872 as nasionale dag in Amerika voorgestel is.

Die voorstel vir Vadersdag is deur pres. Woodrow Wilson aanvaar. Agt jaar later het pres. Calvin Coolidge aanbeveel dat Vadersdag nasionaal gevier word om 'n gemeensamer verhouding tussen vaders en hul kinders te bewerkstellig. Die volle verantwoordelikheid van vaderskap moes dan ook op dié dag verskerp word.

Vadersdag is die een dag waarop Pa's maar agteroor kan sit en bederf kan word deur ma en die kinders. Onthou ook om vir pa dankie te sê vir al die goeie dinge wat hy deur die jaar gedoen het. Die maklikste is om die dag met 'n heerlike ontbyt te begin en vir jou pa ontbyt in die bed te gee. 

Tuesday, 4 June 2024

Lewensles: Waarde

'n Pa het vir sy dogter gesê: "Jy het met lof gegradueer, hier is 'n motor wat ek baie jare gelede gekoop het.  Dit is nou 'n bietjie ouer. Maar voordat ek dit vir jou gee, neem dit na die tweedehandse motorhandelaar in die middestad en sê vir hulle ek wil dit verkoop en kyk hoeveel hulle jou daarvoor bied.

Die dogter het na die tweedehandse motorhandelaar gegaan, na haar pa teruggekeer en gesê: "Hulle het my R1 000 aangebied omdat dit taamlik gehawend daar uitsien."

Die pa het gesê: "Vat dit nou na die pandjieswinkel."  Die dogter het na die pandjieswinkel gegaan, na haar pa teruggekeer en gesê: "Die pandjieswinkel het slegs R900 aangebied omdat dit 'n ou motor is en hulle nie eintlik motors aankoop nie."

Die pa het sy dogter gevra om nou na 'n motorklub te gaan en vir hulle die kar te wys.  Die dogter het toe die motor na die klub geneem, teruggekeer en vir haar pa gesê,” Sommige mense in die klub het R69 000 daarvoor aangebied omdat dit 'n Mazda 323 is, is dit 'n ikoniese motor en baie versamelaars is op soek na hierdie spesifieke model.

Die pa het vir sy dogter gesê dat hy nie vir haar wil preek nie, maar dat daar 'n groot lewensles is in die oënskynlike onnodige oefening is wat sy moes doen.

Pa: "Die regte plek waardeer jou op die regte manier, as jy nie waardeer word nie, moenie kwaad wees nie, dit beteken jy is op die verkeerde plek. Diegene wat jou waarde ken, is die wat jou waardeer ... Moet nooit op 'n plek bly waar niemand jou waarde sien nie. Moenie jouself dwing om te bly waar jy nie geag word nie ... Bly daar waar jy waardeer word."

[Dankie, Wilma, dat jy hierdie lewensles met die lesers deel.]

Monday, 20 May 2024

Waardeer mekaar ...

As ek geweet het dis laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak, sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou gedruk en gesoen het, sou ek jou teruggeroep het vir nog 'n drukkie.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek dit op band geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel.

Ons leef dikwels asof daar nog baie tyd oor is om alles te wil doen wat ons graag wil doen, maar sê nou vandag is die laaste kans!

Kom ons maak vandag tyd om te sê: Ek is lief vir jou of  Dankie of ek waardeer jou of ek is jammer. Môre mag dalk vir altyd te laat wees en is ons kans verby.

Kom ons leef vandag en elke dag voluit!

Kom ons leef só dat ek 'n advertensie vir Jesus kan wees.

Kom ons fluister in diegene wat ons pad kruis se oor: Jy is spesiaal ... jy is uniek!

Kom ons leef ons doel op aarde uit sonder die woordjie as en sonder verwyte!