Monday 20 May 2024

Waardeer mekaar ...

As ek geweet het dis laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak, sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou gedruk en gesoen het, sou ek jou teruggeroep het vir nog 'n drukkie.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek dit op band geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel.

Ons leef dikwels asof daar nog baie tyd oor is om alles te wil doen wat ons graag wil doen, maar sê nou vandag is die laaste kans!

Kom ons maak vandag tyd om te sê: Ek is lief vir jou of  Dankie of ek waardeer jou of ek is jammer. Môre mag dalk vir altyd te laat wees en is ons kans verby.

Kom ons leef vandag en elke dag voluit!

Kom ons leef só dat ek 'n advertensie vir Jesus kan wees.

Kom ons fluister in diegene wat ons pad kruis se oor: Jy is spesiaal ... jy is uniek!

Kom ons leef ons doel op aarde uit sonder die woordjie as en sonder verwyte!