Sunday 5 May 2024

!XUN ALFA-gemeente van Platfontein besoek Dutoitspan-basaar


In die sinode in Noord-Kaapland is twee gemeentes vir die San te Platfontein, net buite Kimberley. Die Ned. Geref. Kerk Kimberley-#Gacan (Khwê-gemeenskap) en die Ned. Geref. Kerk Kimberley-!Xun-Alfa (!Xun-gemeenskap). Ds. Petrus Manu (Kimberley-#Gacan) en ds. Mario Mahongo (Kimberley-!Xun-Alfa) is die onderskeie leraars. 

Lede van die !Xun-gemeenskap het hulle unieke kunswerke by die basaar kom uitstal. Hulle het ook die basaargangers na die amptelike opening op 'n tradisionele dans vergas. 

Dutoitspan is aktief betrokke by die restourering van die kerkvloer by Platfontein. En hiervoor het hulle die R100-uitdaging begin. Elkeen wat op 'n indirekte wyse betrokke wil raak, kan gerus hier klik en 'n meer as welkome bydrae maak.