Saturday 25 May 2024

Kerkgenotjies: Waarhede om te onthou

Hoeveel kante het 'n kerk?
Drie.
  • 'n Binnekant,
  • 'n buitekant en
  • 'n predikant. 

***
Die kinderlose ou dame wat besig is om haar huis op te ruim om na die aftreeoord te trek, stuur haar familiebybel wat al geslagte lank in hul familie is, na haar broer in die Kaap. Hy moet dit weer op sy beurt vir sy oudste seun gee. Die klerk by die poskantoor vra haar: “Is daar enige iets breekbaars binne-in die pakkie?” waarop sy antwoord: "Net die tien gebooie."