Showing posts with label Spreuke. Show all posts
Showing posts with label Spreuke. Show all posts

Friday, 17 July 2026

Kom ons sien onsself soos God ons sien ...

God sê:
Jou titel is nie sukkelaar nie.
Jou titel is nie sieklik nie ,
Is nie armoedig nie,
Is nie ongeluksvoël nie,
Is nie vreesagtig nie,
Is nie verwerpte nie,
Is nie minderwaardig nie,
Is nie verloorder nie,

Hier is jou Goddelike Titels soos God jou sien:
Kosbare kind van die Allerhoogste God,
Spesiaal. 
Ja, sê die Here, Ek het vir jou ‘n Nuwe naam gegee,
Koningskind,
Erfgenaam van God,
Oorwinnaar,
Uitverkorene
Appel van My oog,
Jy is presies wie Ek sê jy is!
 
Hou op om vir jouself vals titels te gee! 
Spreek lewe oor jouself,
want lewe en dood is in die mag van die tong, 
wie dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet! 
Spr 18:21.
Glo dit!
Leef dit!

Sunday, 5 July 2026

Flitsgedagte: Bewaak jou hart ...


Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, 
want daaruit is die oorspronge van die lewe." (Spreuke 4:23, AFR53)

Friday, 25 April 2025

Mark Batterson: "Your prayer for your children are the greatest legacy you can leave."

Jy sal nooit die perfekte ouer wees nie, maar jy kan 'n biddende ouer wees, selfs al weet jou kinders dit nie.

GEBED
Here, ek bid vir wysheid vir my kinders. Dat U vir hulle die onderskeidingsvermoë sal gee om die kaf van die koring te skei. 
Ek bid dat my kinders se liefde vir U sal toeneem en dat hulle daagliks in 'n persoonlike verhouding met U sal leef.
Ek bid dat hulle saam met U die storms van die lewe sal aandurf en dat U hulle sal dra deur moeilike tye. Dankie, Heer. 
Amen

"Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie." Spreuke 22:6 NLV

Wednesday, 14 August 2024

Spreuke in 'n katedraal in Wallis

Maak tyd om te dink - 
dis die bron van krag.
Maak tyd om te speel - 
dis die geheim van blywende jeug.
Maak tyd om te lees -
dis die fontein van wysheid.
Maak tyd om te bid -
dit is die grootste krag op aarde.
Maak tyd om lief te hê -
en om liefde te ontvang, 
dis ’n Godgegewe voorreg.
Maak tyd om vriendelik te wees -
dis die pad van geluk.
Maak tyd om te lag -
dis die musiek van die siel.
Maak tyd om te gee -
die tyd is te kort vir selfsug.
Maak tyd om te werk -
dis die prys van sukses.
Maak tyd om goed te doen -
dis die sleutel na die hemel. 
Maak tyd om te glo -
dis die sleutel tot die Ewigheid. 

Monday, 4 September 2023

As die stormwind kom ...

“As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen, maar die regverdige bly altyd staan.” Spr.‬ ‭10:25‬
  • Baie mense is deur ‘n stormwind die afgelope paar maande.
  • Baie mense is afgedank en baie het geen inkomste gehad nie, maar as ‘n mens luister hoor jy van baie wonderwerke.
  • Die Here is ‘n waarmaker van Sy woord. Kyk rondom jou en praat met hulle wat hierdie wonderwerke beleef het om jou positief te hou.
  • Hou vas aan die Here, al is dit moeilik, weet vir dié wat die Here liefhet, werk alles ten goede mee. Rom 8:28
Gebed: Here, dankie dat ons kan vashou aan U Woord en dat ons weet dat as die stormwind kom, die gelowiges altyd sal bly staan. In Jesus naam. Amen

Sunday, 22 January 2023

Ons verantwoordelikheid ...

Dit is sonde om jou buurman te verag. Geseënd is hulle wat die behoeftiges help – Spreuke 14:21

Om die armes en diegene wat minder bevoorreg is as ons te help, is nie net ’n mooi ding om te doen nie, maar is, volgens die Bybel, ons verantwoordelikheid. God gee opreg om vir die armes en die behoeftiges, en dit wil voorkom asof Hy ’n spesiale plek in sy hart het vir die weduwees en weeskinders. Hulle is immers alleen en nie in staat om hulself te help nie. God gee ons ’n hart van medelye, maar ons moet meer as ’n barmhartige hart hê – ons moet ons oë oopmaak om te sien wie behoeftig is en ons hande oopmaak om die armes te help.

Die Bybel sê wanneer ons aan die armes gee, leen ons iets vir die Here. God sal enigiets wat ons gee om mense te help, oor en oor vir ons teruggee. Hy sal nie net in ons behoeftes voorsien nie, maar ons vreugde sal toeneem omdat ons met liefde gegee het. Ek spoor jou aan om wat jy het te deel met diegene wat minder bevoorreg is as jy.

Kraggedagte vir vandag: Ek is altyd genadig en vrygewig teenoor die armes.

[Hierdie is ’n uittreksel uit Kragtige denke vir elke dag deur Joyce Meyer.]

Monday, 22 June 2020