Monday 4 September 2023

As die stormwind kom ...

“As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen, maar die regverdige bly altyd staan.” Spr.‬ ‭10:25‬
  • Baie mense is deur ‘n stormwind die afgelope paar maande.
  • Baie mense is afgedank en baie het geen inkomste gehad nie, maar as ‘n mens luister hoor jy van baie wonderwerke.
  • Die Here is ‘n waarmaker van Sy woord. Kyk rondom jou en praat met hulle wat hierdie wonderwerke beleef het om jou positief te hou.
  • Hou vas aan die Here, al is dit moeilik, weet vir dié wat die Here liefhet, werk alles ten goede mee. Rom 8:28
Gebed: Here, dankie dat ons kan vashou aan U Woord en dat ons weet dat as die stormwind kom, die gelowiges altyd sal bly staan. In Jesus naam. Amen