Friday 1 September 2023

Freda se pynappeltert vir die naweek

Benodigdhede (Groot tert)
1 blik Idealmelk
1 blik kondensmelk
1 groot blik fyn pynappel
2 pakkies pynappeljellie
2 pakkies Tennisbeskuitjies

Metode
1. Sit die kondensmelk en Idealmelk die dag vantevore in die yskas.
2. Klits Idealmelk styf.
3. Maak jellie aan met 1 koppie kookwater.
4. Laat die jellie koud word en gooi die kondensmelk by die jellie en meng.
5. Gooi pynappelmoes by.
6. Meng alles met styfgeklitste idealmelk.
7. Pak boom van tertbak met beskuitjies. Gooi die helfte van mengsel in. Pak weer beskuitjies, gooi die res van mengsel oor. Krummel beskuitjies bo-oor. Sit in yskas om te stol.

(Dankie, Freda du Plessis van Bloemfontein, vir die heerlike tertresep)