Friday 8 September 2023

Maklike vinnige jellietert vir die naweek

Benodigdhede
:

Kors:
200g Tennisbeskuitjies
90g botter

Vulsel:
1 pakkie suurlemoenjellie
'n halwe koppie kookwater
1 blikkie ingedampte melk
1 eetlepel strooisuiker

Metode:
Breek die koekies fyn en voeg botter by 
Smeer die bak en druk koekies stewig vas

Meng jellie en kookwater en plaas eenkant dat dit kan afkoel
Klits met 'n elektriese klitser in 'n aparte bak strooisuiker en ingedampte melk saam 
Sodra mengsel lekker lig is, voeg jelliemengsel by, klein bietjies op 'n slag terwyl jy nog klits
Skep mengsel bo-op kors
Plaas in yskas vir ongeveer 4 ure