Friday 22 September 2023

Anne se appelkoos-yskastert vir die naweek

Benodigdhede (Groot tert)

Kors:

1 pakkie tennis- /gemmerbeskuitjies, fyn gekrummel
30 ml botter - gesmelt

Vulsel:

60 ml suurlemoensap
1 x 385 g-blikkie kondensmelk
1 x 250 g-houer gewone, gladde maaskaas
250 ml room, styf geklop
15 ml gelatien, opgelos in ’n halwe koppie kookwater
Bolaag:
1 klein blikkie ingemaakte appelkose
1 pakkie perskejellie

Metode - kors:
Meng die koekiekrummels met botter en druk in ’n gesmeerde tertbord.
Metode - vulsel:
Klits die suurlemoensap in die kondensmelk
Voeg die maaskaas by en vou daarna die room by
Meng goed
Smelt die gelatien
Roer die gesmelte gelatien by die roommengsel in
Skep mengsel in die kors
Laat stol vir sowat 1-2 uur in yskas
Metode - bolaag:
Maak die jellie aan met 1 koppie kookwater
Voeg die sap van appelkose by
Sodra die tert gestol is, pak die appelkose bo-op met die ronde kante na bo
Skep van die jelliemengsel oor die appelkose - soveel as wat die tertbord kan neem