Friday 8 September 2023

Malawi: Terugvoering na week 1





Ds. Ensie: "Vandag klaar met diePLAN se 1ste groep kerkleiers in Malawi Sentraal (Lilongwe, Area 49, Dubai). Nou eers middagete en eksamen begin direk daarna. BID ASB vir hulle! Dis 'n besondere groep kinders van God!!! Lief julle & dankie vir jul gebede wat my deur hd week gedra het!!! Soms al 08:00 begin tot ná 16:00/16:39 & elke aand vanaf 18:30 Jesus films & gesprekke/gebede daarna ... Dankie Antjie vir die herinnering aan louwarm soutwater om te gorrel vir seer/rou keel! 100% gewerk! Neem môreoggend bus na village naby Mzuzu (Malawi-Noord) vir 2de week. Bid asb! Ek stuur nou enkele vroeëre foto's vd week ..."

Hierdie eerste groep se opleiding was van Sondag, 3 September - Donderdag, 7 September 2023.

Klik HIER vir die ander foto's van week 1 van die opleiding.

[Waaroor gaan diePLAN? Gaan klik HIER en HIER om meer te wete te kom oor diePLAN]