Die pastoor het met hom geraas.
Die ander aanbidders het hom agterna berispe vir die onderbreking.
Sy vrou het al die pad huis toe aangehou om hom te herinner aan sy agterlosigheid.
Sy medewerkers het net die kop geskud in afkeur.
Jy kon die skaamte, ontnugtering en vernedering op sy gesig sien. Hy’t nooit weer sy voet in die kerk gesit nie. Daardie aand is hy na ‘n kroeg toe. Hy was nog senuagtig. Derhalwe het hy sy drank op die tafel gemors, die bottel het omgeval en van die vloeistof het op sommige mense gespat. Hulle het hom dadelik omsingel. Hy’t sy oë toegemaak en die ergste woorde en aksie verwag.
In plaas daarvan wou almal weet of hy okay is en of die bottel hom nie dalk beseer het nie. Die kelner het verskoning gevra en hom ‘n lap gegee om skoon te maak. Die skoonmaker het die vloer kom droogmaak. Die bestuurder het hom ‘n rondte verniet op die huis aangebied. Sy het hom ‘n warm drukkie gegee en gesê: “Moenie komkommer nie man! Wie van ons maak nie foute nie?”
Hy was sedertdien nog elke dag in die kroeg.
# Ons houding dryf ander gelowiges soms hel toe.
# Jy kan ‘n verskil maak oor hoe jy mense hanteer, veral as hulle foute maak.
# As jy nie ‘n brug kan wees om mense te verbind nie; moenie ‘n muur wees wat hulle vervreem en weghou nie.
# As jy nie ‘n lig kan wees om mense se goeie dade op te helder nie, moenie die donker kombers wees wat hulle pogings verduister nie.
# As jy nie water kan wees wat mense se plante kan reën gee nie, moenie die gif wees wat hulle oes vernietig nie.
# As jy nie die inenting kan wees om lewe te gee nie, moenie die virus wees wat dit vernietig nie.
# As jy nie die pen kan wees om iemand se geluk op te teken nie, wees dan die vriendelike uitveër om hulle droefheid te laat verdwyn.
Ons kán mekaar oppas. Laat ons die wêreld genees en sout wees.
JA! Ons kan!
[Dankie, Anoniem, vir hierdie stof-tot-nadenke-stuk]