Friday 1 September 2023

Lente 2023


Die eerste dag van 'n heerlike nuwe seisoen - lente - nie net in die natuur nie, maar ook in ons harte. Lente beteken meer sonlig, meer energie, meer lewenslus, warmer dae, plante wat uitloop en blom. Bome wat vrugte dra. Mag lente 2023 deursuur en vir ons gemeente geestelik ook `n tyd word van nuwe lewe, nuwe geleenthede en nuwe diensbaarheid in Sy Koninkryk - die nood rondom ons is groot ... die uitreikaksies daar ... die gewilliges ... nie altyd baie nie ... 

Mag ons elkeen deel wees van hierdie nuwe seisoen waarin die Lewendmakende Gees van God ons lewens sal laat bot sodat ons vrug kan dra!