Showing posts with label Geduld. Show all posts
Showing posts with label Geduld. Show all posts

Tuesday, 6 October 2026

Mandjie Hoop: As jy ...

As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes. 

Tuesday, 20 January 2026

Mandjie Hoop: Hier is 'n pleister vir jou hart

Mag jy altyd  ...
... genoeg GEDULD hê om jou dierbaar te maak.
... genoeg VERDRIET hê om jou menslik te maak.
... genoeg HOOP hê om jou gelukkig te maak.
... genoeg TERUGSLAE hê om jou nederig te maak.
... genoeg VRIENDE hê om jou te troos.
... genoeg VERDIENSTE hê om jou gemaklik te laat lewe.
... genoeg GEESDRIF hê om jou na die dag van more te laat uitsien.
... genoeg GELOOF om jou swartgalligheid af te weer.
... genoeg WILSKRAG om elke dag ′n beter dag as gister te maak.

Monday, 26 May 2025

Gebed: Here, daar is geraas in my hart

Al word dit soms stil rondom my, is dit of die geraas binne my net nie stil word nie.
As ek besig is, dan pla dit my nie so erg nie, dan is dit maar soos donderweer in die verte.

Maar as dit stil word rondom my, daar waar ek in die nag wakker lê en peins, dan word hierdie veraf gedreun ‘n skrikwekkende storm.

En die klank is nie die majestueuse klank van ‘n simfonie wat opwerk tot ‘n magtige crescendo nie, nee, dis soos die oorverdowende gekap van potte en panne.

Wat ‘n lawaai. En ek voel magteloos om dit stil te maak hier binne-in my.

Here Jesus, U wat eens die wind en die golwe aangespreek het en dit het stil geword, maak dit stil in my.

Spreek net ‘n woord … en u vrede sal in my hart kom heers.

Ek wag … stil … geduldig.

Tot ek u liefdevolle opdrag hoor en as u vir my sê:
wees stil en weet, ek is die Heer.

[Outeur: Richard Foster]

Tuesday, 22 October 2024

Mandjie hoop: Bid en glo

Leef eenvoudig -
Al het jy baie.

Wees dankbaar -
Al het jy min.

Sê jammer -
Al was jy reg.

Wees geduldig -
Al is jy kwaad.

Lag hardop -
Al wil jy huil.

Vertrou die Here sal voorsien.
Maar die belangrikste van alles is -
BID en GLO.

Tuesday, 8 October 2024

'n Mandjie hoop: Mag God vandag vir jou 'n skoenlapperdag gee!

'n Vrou het vir God gevra vir 'n skoenlapper en 'n blom ... 

Toe kry sy 'n kaktus en 'n larwe ... 

Hartseer het sy gewonder: "Het God my dan verkeerd verstaan?"

Dae later het sy uit nuuskierigheid gaan kyk ... Aan die kaktus was die mooiste blom en langs die kaktus het die mooiste skoenlapper gesit.

GEDULD! GOD weet wat ons nodig het.

Hemelse Vader, ek bid nou spesiaal vir elke kosbare leser van Dutoitspan-blog. Jou hart skreeu om hulp, Here help my! Ek het jou hulpgeroep gehoor, sê die Here. Ek het jou trane gesien. Jy is liggaamlik en geestelik uitgeput en moeg vir die lewe. Maar Ek is nog nie moeg nie. My energie het nog nooit minder geraak nie. Ek spreek nou ‘n nuwe Woord van bemoediging in jou oor, sê die Here. Ek sal jou woestyn in ‘n fonteinland verander. En Ek sal jou hartseer in gejubel verander!!! 

Mag jy vandag 'n skoenlapperdag beleef!

Tuesday, 13 August 2024

Dink 'n bietjie ...

'n Mens kan ontrou raak
- Een is absoluut getrou.
'n Mens kan omgekoop word
- Een bly by Sy woord.
'n Mens kan ineen stort
- Een se krag is van Ewigheid af.
'n Mens kan ongeduldig word
- Een verdra alles
Ek vertrou op God.
Hy is God.

[Martin Gutl]

Wednesday, 16 January 2019

Friday, 18 August 2017

Saturday, 5 August 2017