Tuesday 8 October 2024

'n Mandjie hoop: Mag God vandag vir jou 'n skoenlapperdag gee!

'n Vrou het vir God gevra vir 'n skoenlapper en 'n blom ... 

Toe kry sy 'n kaktus en 'n larwe ... 

Hartseer het sy gewonder: "Het God my dan verkeerd verstaan?"

Dae later het sy uit nuuskierigheid gaan kyk ... Aan die kaktus was die mooiste blom en langs die kaktus het die mooiste skoenlapper gesit.

GEDULD! GOD weet wat ons nodig het.

Hemelse Vader, ek bid nou spesiaal vir elke kosbare leser van Dutoitspan-blog. Jou hart skreeu om hulp, Here help my! Ek het jou hulpgeroep gehoor, sê die Here. Ek het jou trane gesien. Jy is liggaamlik en geestelik uitgeput en moeg vir die lewe. Maar Ek is nog nie moeg nie. My energie het nog nooit minder geraak nie. Ek spreek nou ‘n nuwe Woord van bemoediging in jou oor, sê die Here. Ek sal jou woestyn in ‘n fonteinland verander. En Ek sal jou hartseer in gejubel verander!!! 

Mag jy vandag 'n skoenlapperdag beleef!