Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder dié wat in hulle trotsheid wandel.
Nebukadnésar verwys na homself, as hy noem dat God verneder die trotses, maar ook indirek, enige een wat trots teen God handel. Verneder jouself teenoor God en aanvaar sy wysheid en reg. Net God kan jou voete rig op die regte pad wat jy moet wandel en net Hy kan jou saak beredder. God sal getrou teenoor jou bly en jou nie verlaat nie, maar jou weer jou grootheid toevoeg (vers 36(d))
Goeie Vader, na U kom ek in nederigheid vanoggend en wy my weë weer aan U. U is my wysheid en raad deur U Heilige Gees. Leer my oor om na U te luister en ag te gee op U woord en opdragte. U liefde dra my en stuur my op 'n veilige pad. Alles wat ek bereik in die lewe is deur U hand gerig en bevestig. Ek dank en eer U my God en Vader in Jesus Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]